Skrywer: admin (Page 25 of 341)
Skriflesing: Jesaja 40:12-31 (2020)
Teksvers: Jesaja 40:28
Let fyn op vir tekens van geloofs-flouheid.
Die geloofs-flouheid waarvan ons in Jesaja 40 hoor (vgl. v.27), kan in verskillende vorme by gelowiges voorkom. Voorbeelde: verslaenheid, verwardheid, moegheid en opstandigheid.
Gegronde kennis van die Here is ʼn vereiste.
Israel word tot gegronde kennis gelei (vgl. v.28). Die Verbondsgod het “eeue-uitsig”; werk met onbeperkte afstande; word nie moeg nie en sy insig kan nie deurgrond word nie.
Vertrou Hom. Hy gee hoop én krag.
Met kennis van die Here kan ek vol verwagting op Hom bly hoop. Wie op Hom wag, sal in die wagtyd voortdurend nuwe krag kry (vgl. v. 29-31).
Skriflesing: Jeremia 34; Lev 25; Gen 15; Deut 15:12-18; Exodus 21:2-6 (1983)
Teksvers: Jer 34:15,16
Die jaar 2025 nC sal in die annale van die Gereformeerde Kerk Centurion opgeteken staan as Jubeljaar. En ons het feesgevier en gejuig, want die Here was werklik goed vir ons.
Dit sal jou goeddoen om weer na te dink oor die bedoeling van Lev 25 en soortgelyke verbondsbepalings vir Israel. Veral die herstel van verhoudinge deur o.a. die vrylating van alle Hebreeuse slawe.
Die vraag vanoggend, as afsluiting van die tema vir 2025, is of ons gejubel van hierdie feesjaar darem bietjie dieper as die oppervlak gegaan het.
Dit is nodig om jouself, op hierdie stadium van jou geloofslewe, te ondersoek of jy werklik het in geloof en in die heiligmaking gegroei.
Lees Psalm 73 : 1 – 20. Wie van ons kan in alle eerlikheid sê: dat hy nog nooit getwyfel het nie. Ons almal twyfel een of ander tyd. Asaf het sy eie omstandighede met die van goddelose vergelyk en toe het hy oor God se goedheid en regverdigheid begin twyfel. Die probleem het ontstaan toe hy nie meer sy oë op die Here gehou het nie, maar na mense rondom hom begin kyk het en daardeur het hy byna koers verloor het.
As swaarkry op jou pad kom, voel dit asof die Here jou vergeet het en aan jou eie lot oorgelaat het. Jy begin dan ook twyfel want selfs jou gehoorsaamheid en toewyding blyk soms nutteloos te wees. As jy jouself en jou omstandighede met ander mense vergelyk voel dit asof jy jou geestelike balans verloor. Jy begin gly en dan die twyfelvraag: Waarom laat U dit met my gebeur Here?
Hoe kry ‘n mens jou voete weer op vaste grond? Jou balans en perspektief word weer herstel as jy in die heiligdom van God ingaan (Ps 73:17). Jy kry weer perspektief, as jy God en jou medegelowiges in die kerk ontmoet. Dan besef jy dat die Here besig was om jou geloof te toets.
In Romeine 8 : 31 – 39 verseker die apostel Paulus elke gelowige dat niks van die aardse ellendes ons van die liefde van God kan skei nie. In Christus is ons meer as oorwinnaars, nie uit eie krag nie, maar deur Hom wat ons liefhet.
Ons weet ons verdien die dood en ewige verderf, maar Hy het ons deur sy Gees in Christus as ware gelowiges ingelyf wat die ewige heerlikheid sal geniet. Ons is sy kinders en daarom sal Hy ons nooit begewe of verlaat nie
Oudl Theo Westerveldt
Skriflesing: Psalm 133; Ef 4:3-6; Klaagliedere 3:21-25 (1983)
Teksvers: Psalm 133
Alles in die lewe is nie altyd “goed en lieflik” (Eng: good and pleasant) nie. Dawid smag na iets wat hyself ook maar min beleef het.
Tussen hom en sy broers was dit maar ‘n narigheid. Tussen hom en sy werkgewers was daar heeltyd probleme. Selfs tussen hom en sy familie sou die swaard nooit meer wyk nie.
Hierdie psalm is dus sy versugting en smagting na wat mooi en lieflik is: eenheid van die gelowiges… broers en susters wat in liefde saam aanbid en dien.
Vandag kry u en ek weer die geleentheid om te midde van ‘n gebroke wêreld iets te beleef van dit wat werklik mooi en lieflik is. En dit vir ewig!