Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 17 of 343)

Met die Koning se verhoor skitter die heerlike evangelie deur menslike valshede heen

Skriflesing: Johannes 1:29-34; 19:1-16 (2020)
Teksvers: Johannes 19:14

1. MENSLIKE VALSHEDE 
a. Selfs op die “Voorbereidingsdag”! (19:14) 
b. “… weg, weg met hom!” (19:15). 
c. “… julle koning”! (19:15). 
d. “… vriend van die keiser” (19:12). 

2. DIE EVANGELIE SKYN DEUR AL DIE VALSHEDE HEEN 
a. Nie “selfs” nie, maar “juis” tydens die Paasfees. 
b. “Weg”, ja, maar Hý is die Een wat wegdra (Joh. 1:29). 
c. Nie ‘n spotkoning nie, maar die beloofde Koning. 
d. “Slegs die keiser”? Nee! Glo in die Koning wat as regter kom en wat waarlik kan vryspreek! 

Is jy op standaard? (koninkryk-standaard)

Skriflesing: Johannes 12:12-37 (1983)
Teksvers: Johannes 12:21

Ons kan so materialisties dink. Dan meet ons mense aan ons eie standaarde. Dan raak ons so maklik teleurgesteld! 

Ook as ons God en sy koninkryk aan ons aardse standaarde meet, dan kom daar maklik teleurstellings in die geloof, in God en in die kerk. Dan raak kerk-wees swaar en klein opofferings raak moeite, volharding word ‘n beslommernis en alles sommer net ‘n oorlas en nuttelose tydverdryf. 

Die probleem lê by ons denke oor Christus en sy kerk en koninkryk. Met watter standaarde meet jy? 

Met die maat waarmee jy meet sal natuurlik vir jou gemeet word! 

Leer My HERE, U Regte Weë

Skriflesing: Psalm 25:1-22 (2020)
Teksvers: Psalm 25:4,5

In hierdie Psalm vra Dawid, dat die Here sy sondes sal vergeet, dat Hy nie meer sal dink aan die sondes van die verlede nie, dat Hy sondaars leer aangaande die weg, die regte pad. Hierdie regte pad is die pad van waarheid. Dit is ook die pad van God se barmhartigheid, sy troue liefde en sy Verbond. 

In kort sou ons kon sê Dawid bid en pleit: “leer ons U waarheid, Lei ons op U weg, laat ons in U liefde lewe.” Het u dit al iewers gehoor? 

« Older posts Newer posts »