Skriflesing: Spreuke 23; Rom12:1,2; Spr 4:23; Hooglied 8:6,7 (1983)
Teksvers: Spreuke 23:26

Die hart van ‘n mens is beslis nie net ‘n bloedpomp nie. Kardioloë en neuroloë is steeds in verwonderende navorsing oor die kragvelde van ‘n mens se hart en brein. Eintlik weet of verstaan ons nog bitter min van wat alles buiten die fisiologiese in die hart aangaan. Spreuke sê dis die ‘oorspronge of uitgange’ van ons lewe. 

As ons dus iemand ‘van harte liefhet’ is dit veel meer as net ‘n idioom. Ons ‘harte wat oorloop’ van vreugde of ‘n gebreekte hart wys tog dat die hart wesenlik deel is van wie en wat ons is en hoe ons lewe. 

Vandag bedink ons die dringende eis van God om ons harte vir Hom te gee. Want uit Hom en deur Hom en TOT Hom is alle dinge…!