Skriflesing: Efesiërs 4:6-10; Filippense 2:5-10; Jesaja 53:6,10; Markus 15:34; Lukas 23:42-43,46; Johannes 19:30 (2020)
HK: Sondag 16
Die apostoliese geloofsbelydenis se bewoording volg nie in ‘n chronologiese volgorde as dit gaan oor die lyding van ons Here Jesus nie, maar eerder ‘n verdieping in die lyding.
Met ander woorde: Jesus se menswording, sy geboorte uit Maria, sy lyding en dood word nie gevolg dat Hy “neergedaal het na die hel” asof Hy hel toe is na sy dood nie. Daarom ook dat ons die bewoording verander het na: Hy het die lyding van die hel ondergaan.
Maar wat beteken dit?