Skriflesing: 1 Johannes 5:1-21 (2020)
Teksvers: 1 Johannes 5: 9-10
Ons het in die vorige deel uit vers 4 die wonderlike vertroosting van ons geloof gehoor, waardeur ons deel kry aan die genade van ons Here Jesus en die oorwinning in Hom. Hierdie oorwinning is alleen deur die geloof in Jesus Christus.
Hy is die Seun van God wat red. Dit is die getuienis van die Woord van God, die blye evangelie wat opgeskryf is deur mense. Nie net die 4 evangeliste nie, ook die 12 apostels getuig van Jesus as die Christus. En tog, die getuienis van God is groter! Maar wat sal dit beteken?