Skriflesing: Kol 2:13-15; Kol 3:12-17
Teksvers: Kol 2:13; Kol 3:13
Hoeveel keer het ons al die volgende gehoor… Ek kan en sal daardie persoon nooit vergewe nie. Dit is vir my onmoontlik om te vergewe en te vergeet, nooit nie.
Om te vergewe is nie in ons aard nie, ons wil eerder wraak neem omdat ons onsself, ons naam, ons besittings wil beskerm. Maar nou leer die Skrif ons baie duidelik: Kol 3:13 “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.”
“Om te kán vergewe is nie iets wat ’n mens uit hom- of haarself kan regkry nie – Nee, dit is ’n gawe van God… Hy gee dit vir dié wat Hom daarvoor vra!”
Ons gaan na drie sake kyk:
- Bid vir die gawe om te vergewe.
- Vergewe mekaar dan.
- Na vergifnis volg vrede.