Skriflesing: Joh 19:28-37
Teksvers: Joh 19:28
Jesus Christus was waarlik dors as mens. Na drie ure duisternis en van God verlate, was Hy verskriklik dors. Hy wou nie die pyn-verdowende asyn-wyn drink nie, omdat Hy die volle toorn van God moes dra.
Hierdie dors is reeds van geprofeteer in Ps 22:16 waar ges is sy tong kleef aan sy verhemelte. Maar die dors het ook ‘n geestelike kant gehad en dit het ons gesing uit Ps 42:1. Jesus was ontsettend dors, dors na die vrede en ewige heerlikheid by God.
Daarom is dit so belangrik dat ons daaruit sal leer:
- Is jy dors?
- Les jou dors!
- Les jou dors verniet