Skriflesing: Hand 1:1-8
Teksvers: Hand 1:3
Met Jesus se koms het die koninkryk van God by die mens gekom!
Na Jesus Christus se opstanding het Hy nog veertig dae op aarde deurgebring. Dit was veertig baie belangrike dae, want in hierdie tyd het Jesus dit wat Hy aan die dissipels verkondig het, net herbevestig. Jesus het meer as tien maal aan verskillende mense op aarde verskyn. Dit was ’n volkome bewys dat Hy opgestaan het en lewe. Wat baie belangrik was, was dat die dissipels in hierdie tyd nie net begin verstaan het nie, maar volkome begryp het wat Jesus kom doen het. Hy is die Koning van die kerk. Hy is die Messias maar nie ’n verlosser van die aardse lyding in die eerste plek nie, maar ʼn Verlosser wat hulle losgekoop het uit die sondige bestaan en burgers gemaak het van die Koninkryk van God waar Jesus Christus self die Koning van is.
Ons gaan na twee sake kyk:
- Jesus verskyn aan die dissipels en meer mense.
- Jesus praat oor die dinge van die Koninkryk van God.