Skriflesing: Jak 5:7-11
Teksvers: Jak 5:7-11; 1 Petr 5:10
Ons lewe in ’n wêreld waar alles vinnig, maklik, gebruikersvriende-lik en sonder moeite moet geskied. Daarom is daar kitsrestauran-te, kitskos, kitsbanke, kitsgeluk, kitsrykdom, kitsantwoorde… maar daar is ook ’n soeke na kitsgodsdiens.
Kitsgodsdiens is waar “godsdienstige verbruikers” op soek is na ’n God wat hulle blitsvinnig kan help en tot hul diens is. Goedvoel-godsdiens, kitsgodsdiens, kitsgeloofsantwoorde, kitsgesondheid. Oppervlakkige godsdiens wat geen diepte het nie. Hierdie gods-diens is oppervlakkig. God vra van ons volharding en opregtheid en diepte. Daar is ook swaarkry wat lei na opregte geloof.
Ons gaan na drie sake kyk:
- Volhard in die geloof onder beproewings.
- Volhard soos boer, profete en Job.
- Volhard en weet dit is God wat die krag daartoe gee.