Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 330 of 346

Vertikaal en horisontaal

Skriflesing: Genesis 4
Teksvers: Genesis 3 en 4

Die wese van hierdie gemeente lê in haar roeping om ware kerk van Christus te wees. Die heilige, algemene, Christelike kerk.
Wat is die kerk? Die kerk is ek en jy wat antwoord op God se inisiatief! Ons is die kerk! Dan leef ons in vrede met God deur Jesus Christus. My vrede met God (vertikaal) het egter ook gevolg op my verhoudinge met mense (horisontaal), veral met my medegelowiges. Daarin kom “die gemeen-skap van die gelowiges” of “die gemeenskap van die heili-ges” na vore!
Twee gewetensvrae word vandag ook aan elke lidmaat gestel.

Laai af

God heers as ewige Here

Skriflesing: Daniël 7
Teksvers: Daniël 7:13 en 14

In Daniël 7 en 8 word daar weer terug beweeg na die regerings-tyd van koning Belsasar van Daniël 5. Dit is opvallend dat Daniël juis in die tyd van die goddelose koning Belsasar hierdie drome en visioene gehad het. Op die kruin van goddeloosheid en uittarting van die lewende God, kom die Here om die gelowiges in ballingskap te versterk en te bemoedig.
Dinge sal uitmekaar val, koninkryke sal kom en gaan, swaar tye sal daar wees, maar die Here is die Een wat die finale en laaste sê het in die wêreldgeskiedenis.
Die koninkryk van God sal vir ewig bly bestaan. Dis jou anker en troos in hierdie gebroke wêreld waarin ons nou is. Mag jy moed hou en volhard in die geloof tot met die wederkoms van Jesus Christus.

Laai af

‘n Skaap vir ‘n skaap!

(Last updated on Februarie 9th, 2018)

Skriflesing: Jesaja 52:13-53:12
Hand 8:26-35
Teksvers: Jesaja 53:6

Om in ons kultuur en omstandighede ‘n vergelykende en beskrywende ervaring vir die verhaal van Jesaja 53 te vind, is toe nogal glad nie maklik nie. Iemand wat homself in ruil gee vir ‘n hele koninkryk se mense se lewens! Vreemde idee! Maar dit is die hart van hierdie profesie.
In die Ballingskap kla die mense mekaar aan. Hulle beskuldig mekaar en blameer hulle eie voorouers. Ander loop heeldag met skuldgevoelens en ‘n gewete wat pla. En dan kom God en stuur sy Kneg/Dienaar met die oplossing vir alles! Die Man van Smarte! Maar Hy moet in ons plek ‘n skaap word: Die Lam van God vir ons geslag! En God se plan slaag.

Skyfies (as Powerpoint)

Skyfies (as PDF)

Laai af

Dit is die Here alleen wat ons kan red en bevry

Skriflesing: Daniël 6
Teksvers: Daniël 6:27, 28

Het jy al gewonder wat jy sal maak as iemand jou konfronteer om te kies tussen jou lewe en jou geloof in die Here?
Op hierdie stadium van Daniël se lewe was hy al ‘n bejaarde man. Hy het niks gehad behalwe sy lewe nie. Vir hom was dit egter belangrik om aan die Here meer gehoorsaam te wees as aan mense. Sy verbondenheid aan die Here, het hom daartoe in staat gestel om eenvoudig sonder ophef of vertoon voort te gaan om die Here te dien, te prys en te smeek om genade.
Mag jy ook getrou bevind word in jou gehoorsaamheid aan die Here. Mag jou lewe ander mense lei om soos Darius tot die ontdekking te kom van Wie die Here werklik is.

Laai af

« Older posts Newer posts »