Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 329 of 346

Wees voorberei vir die finale aanslag van die duiwel

Skriflesing: Daniël 10
Teksvers: Daniël 10:12

Daniël 10 -12 handel oor die gebeure rondom die verbondsvolk in die eind-tyd. Hierdie laaste drie hoofstukke van die boek Daniël vorm ’n eenheid wat:
(1) die verskyning van ’n hemelwese as voorbereiding vir die openbaring beskryf,
(2) die beskrywing van die openbaring gee,
(3) en die uitleg daarvan gee. In Daniël 10 word daar stilgestaan by die verskyning van ‘n hemelwese wat dien as voorbereiding van die openbaring wat in Daniël 11 en 12 verder omskryf word.
Die vraag is hoe ons as gelowiges ons kan voorberei op die aanbreek van die eindtyd.
Mag jy geestelik wakker wees en jouself voor die Here verootmoedig om staande te kan bly wanneer daardie tyd sal aanbreek.

Laai af

God bly, ten spyte van alles wat in die wêreld gebeur, in beheer

Skriflesing: Daniël 8
Teksvers: Daniël 8: 20-26

In hierdie hoofstuk verduidelik die engel Gabriël aan Daniël waarop die toorn van God gaan uitloop in die eindtyd. Hier word na wrede- en bose heersers deur die eeue heen gekyk.
Wanneer die Antichris in persoon op die toneel verskyn, is dit die tyd wat die sonde en goddeloosheid sy hoogtepunt bereik. Hy sal baie sterk word, bloot maar net omdat die Here dit sal toelaat. Dan sal die einde van die wêreld aanbreek. Hy is ‘n verwoester van formaat, en behaal by dit alles, geweldige sukses. Hy sal selfs die volk van die Here doodmaak. Hy sal selfs in sy hoogmoed, oorlog teen die Here verklaar. Hierdie is baie swaar tye vir die gelowiges. Maar die Here sal Hom vernietig.
Geweldige wreedheid, magsbeheptheid en wreedheid voer dus in hierdie hoofstuk die botoon. Sal jy moed hou in jou geloof en vertroue in die He-re? Sal jy kan aangaan om die Here te dien onder druk van vervolging en wreedheid teenoor jou geliefdes en jouself?
Weet verseker dat net die Here vir jou deur sy Gees sal dra deur hierdie wrede en skrikwekkende tye.

Laai af

Saam met heidene in die Stormsee

Skriflesing: Hand 27:1-38
Teksvers: Hand 27:21-26

Ons leef op aarde as gelowiges en ongelowiges, Christene, Moslems, Boeddhiste, vraers, twyfelaars, rykes, armes, mans, vrouens, kinders, verskillende volke, tale en kulture. Ons is almal onderworpe aan droog-te en reën, gesondheid en siekte, lewe en die dood. Ons staan saam onder regerings, staatspresidente wat kom en gaan. Ons leef in dieself-de storms van die lewe. As Christene kan ons, ons nie onttrek en in afsondering leef nie, maar ons leef in die wêreld, maar as burgers van die hemelse koninkryk wat ’n lig in die wêreld moet wees. Paulus is hier letterlik saam met gelowiges en heidene in ’n stormsee. Wat doen Paulus egter?

  • Paulus vermaan die mense om na God te luister.
  • Paulus bemoedig die mense om nie moed te verloor nie.
  • Paulus getuig van God se beloftes.

Laai af

Elkeen is verplig om hom/haar by die ware kerk aan te sluit!

Skriflesing: 1 Kor 12:1-14:40
Teksvers: 1 Kor 12:27; (1 Kor 12:21-27)

Hoe belangrik is dit om aan die kerk te behoort? Hierdie is seker-lik ‘n baie belangrike vraag in die hedendaagse tyd maar ook in al die eeue.
Vandag word daar gepraat van die “kerklose” Christendom. Baie Christene wil nie meer fisies lidmate van ‘n plaaslike kerk wees nie om verskeie redes. Individualisme neem oor. Liberalisme neem oor. Elkeen is regverdig in sy eie oë, Spr 21:2. Mense raak al meer in hulleself gekeer. Daar is sogenaamde e-kerke, internet-kerke. Christene gee hul lidmaatskap op, so al asof dit hul eie keuse is en God nie daaroor ‘n sê het nie. Ons praat nie van lidmate wat om wettige redes weens gesondheid, afstand, tyd of plek ens. nie meer saam met die gemeente eredienste kan hou nie.
Hoe belangrik is dit om lidmaat van die kerk te wees?

Laai af

« Older posts Newer posts »