Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 325 of 346

Word wakker en besef die dringendheid om die Evangelie uit te dra

Skriflesing: Amos 3
Teksvers: Amos 3:8

In die lig van die toekomstige swaarkry en oordeel kom Amos om die dringendheid van die uitdra van die Boodskap van God te verkondig. Amos sê hier dat die Here niks doen as Hy dit nie eers aan Sy profete bekendmaak nie. Die rede daarvoor is dat dit die taak van die profete was om die mense op te roep om tot inkeer te kom voordat die vreeslike swaar tyd in die toekoms sou aanbreek.
So het Johannes die Doper in Matteus 3:2 die mense opgeroep met die woorde: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom”. Laat ons nóú ons lewe in orde kry, want die koninkryk van God is voorhande. Pasop dat die wederkoms van Jesus Christus jou nie onverhoeds betrap nie!

Laai af

Lewe as Christen met ‘n oop hart teenoor jou medegelowiges

Skriflesing: Filemon 1
Teksvers: Filemon 1:10 -11

Die Evangelie van Jesus Christus kan gesien word as ‘n onoortreflike voorbeeld van Christelike liefde.
In hierdie brief ontferm Paulus hom oor Onesimus. Hy doen ook voorspraak vir hom by Filemon, sy eienaar. Hy doen dit op so ‘n manier asof dit hyself is wat Filemon skade berokken het.
Sonder enige dwang op Filemon, pleit Paulus op grond van God se ontferming in Jesus Christus vir genade, vergifnis en liefde van Filemon aan Onesimus.

Laai af

Mag die Here se wysheid en kennis jou stukrag in die lewe wees!

Skriflesing: Efesiërs 1
Teksvers: Efesiërs 1:15-21

Elke keer as Paulus aan die gelowiges in die gemeente van Efese dink, dank hy die Here vir hulle geloof en liefde.
Daarom kan hy ook bid dat die gelowiges ware wysheid, kennis en insig van die Heilige Gees sal ontvang. Sodoen-de sal ons al hoe meer tot die besef kom oor hoe groot en wyd en diep die mag en krag van die Here nie net in Christus is nie, maar ook in ons eie lewens.
Mag jy die vreugde van die grootheid van die Here ken en dit aan ander oordra.

Laai af

Wat is rêrige goeie nuus?

Skriflesing: 2 Timoteus 2
Teksvers: 2 Timoteus 2:8

Wat is goeie nuus? Wat is rêrig sulke goeie nuus dat dit jou hele lewe en lewensuitkyk verander?
In Paulus se lewe was daar so iets. Die vraag is watter impak het die evangelie van Christus werklik op ons lewens? Ons kan so gewoond raak daaraan en dit al hoe meer as vanselfsprekend aanvaar. Daarom word ons deur die prediking en godsdiensoefening heeltyd daaraan herinner , sodat Jesus Christus vir ons werklik goeie nuus bly.

Laai af

« Older posts Newer posts »