Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 324 of 346

God as die Skepper God en omgee God wat ons kroon as heersers

Skriflesing: Psalm 8
Teksvers: Psalm 8:2,10

Hierdie is ’n natuurpsalm waar God se grootheid besing word. God se almag as God self en sy pragtige skeppingswerk word gestel teenoor die nietigheid van die mens.

  1. God word besing omdat Hy die Skeppergod is.
  2. God word besing omdat Hy vir ons omgee.
  3. God word besing omdat Hy ons kroon as heersers. v5-8

Vrae wat ons elkeen moet antwoord is:

  • Hoe dink jy oor die skepping waaroor jy moet heers?
  • Hoe pas jy die skepping op deur dit nie te vernietig nie?
  • Sien jy God se grootheid raak in die skepping?

Laai af

Gaan dan heen, maak dissipels…

Skriflesing: Matteus 28 en Hand 1:8; I Pet 3:15
Teksvers: Matteus 28:18-20

Dit sal onvanpas wees as ons in die week van hemelvaart nie weer aandag skenk aan die Groot Opdrag van ons Here nie. Wie die groot liefde van God leer ken het en die opdrag van God verstaan, moet ook luister na die Groot Opdrag van Here en Verlosser, Jesus Christus: ”Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels…”.
Hierdie opdrag word eerstens aan die twaalf apostels gegee en is die grondslag van die stigting van die Christelike kerk. Hande-linge vertel dan ook in meer besonderhede hoe hulle uitvoering gegee het aan hulle sendingsopdrag. As lidmate van hierdie kerk staan die opdrag steeds vir ons. Die evangelie van Christus moet uitgedra en verkondig word – deur die geroepe dienskneg-te as bedienaars van die Woord, maar ook deur elke lidmaat afsonderlik. Hierdie taak begin by jou eie huis en kring uit na almal (alle nasies) wat die Here op jou pad bring.

Laai af

Aan watter stad behoort jy eintlik?

Skriflesing: Gen 4; Ps 127, Heb 12:24 en 11:4; Heb 11:16; 13:14; Openb 3:12
Teksvers: Gen 4:26

Die wêreld bestaan eintlik net uit twee kante: Geloof en ongeloof. Daar is eintlik ook nie plek vir iets tussen-in nie. Dis warm óf koud. As jy lou is sal jy deur Christus uitgespoeg word (Op 3).
Sommer hier in die begin van die mens se geskiedenis sien ons hierdie twee lyne… en dan loop hulle al verder en verder uit mekaar! Laat ons dus glad nie verbaas wees dat die kerk deur die wêreld gehaat word nie. Laat ons egter bou aan die regte stad van God… die ware Jerusalem.

Laai af

Onstuitbaar word die Evangelie met Goddelike mag en krag uitgedra

Skriflesing: Handelinge 19
Teksvers: Hand 19:20

Die stad Efese was destyds bekend as ‘n bymekaar-kom-plek vir almal wat hulle opgehou het met allerlei toorkunste. Groot bygelowigheid het in daardie tyd meegebring dat mense gedink het dat allerhande towerspreuke ‘n mens se huwelik en lewe geluk-kig sou maak. Die bygelowige toorpraktyke was ook onder die gelowiges ‘n realiteit. Hulle moes leer dat die Here die praktyke van toorkuns in sy Woord verbied.
Hierdie behoefte aan stabiliteit en sekerheid bestaan vandag nog by mense. Dit bring mee dat mense vandag nog op die verkeerde plekke na sekerheid soek. Die duiwel sal enige iets probeer om mense in sy mag te kry. Hier bevestig die Here dat sy mag en krag groter is as die van die bose. Vandag nog word die evangelie wêreldwyd onstuitbaar uitgedra. By Jesus Christus is die enigste ware en blywende sekerheid.

Laai af

« Older posts Newer posts »