Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 271 of 345

Die Drie eenheid

Skriflesing: Joh 14:15-31
Teksvers: Joh 14:16,17, 25, 26
HK: Sondag 8

Ons prediking handel vanaand oor die ewige en Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Ons moet handel oor Hom wat niemand op aarde nog ooit gesien het nie en wat tog aan ons bekend is deur die Bybel. Die Almag, grootheid van die Drie-enige Verbondsgod, bly vir ons ‘n misterie en tog mag en moet ons ook hierdie saak in die geloof benader. Geloof is meer ‘n aksie van die hart as van die verstand, die liefde aanvaar waar die verstand nog nie kan begryp nie.

Ons gaan vanaand na twee sake kyk:

  • Daar is ‘n God.
  • Daar is ‘n Drie-enige God:
    • Vader,
    • Seun en
    • Heilige Gees.

Laai af

Aan watter stad bou jy?

Skriflesing: 2 Kon 2:19-22; Josua 6:26; 1 Kon 16:34; 1 Kor 15:45
Teksvers: 2 Kon 2:19-22

Ons kan nogal tevrede raak met ons omstandighede. Ek bedoel nou nie die tevredenheid met God se wil nie (Ps 131)! Ek bedoel eerder so ‘n bietjie self-tevrede. Ons het óns drome uitgewerk, ons voel nogal in beheer. Ek weet wat my planne is en hoe ek dit tot uitvoer gaan bring. Ja, ek moet net nog ‘n rukkie baie hard werk, maar dit is die moeite werd… Nogal in beheer. Mý planne en drome.

Die stad of dorp Jerigo is vandag nog ‘n mooi stad met palmbome en dadels so jy seker nêrens elders kry nie. In die woestyn geleë, maar ‘n regte palmstad. Pragtig.

Maar so was dit nie in Elisa se tyd nie, want mense het die wil van die Here nie geken of gesoek of toegepas nie. Gelukkig het die profeet die vloek weggeneem.

Laai af

REDDING SLEGS DEUR DIE GELOOF

Skriflesing: Handelinge 16; Romeine 1:16,17
Teksvers: Hand 16:31
HK: Sondag 7

In die behandeling van ons belydenis word die vraag gestel: Wat is ‘n ware geloof? Daar is dus wel iets soos ‘n valse geloof. ‘n Skyngeloof. ‘n Skynheilige geloof. ‘n Dooie geloof. Daar is selfs iets soos ‘n wonder-geloof, by mense wat net heeldag onrealisties op wonderwerke sit en wag. Mettertyd wonder ons wat van hul geloof geword het!

In Filippi begin die eerste gemeente in Europa met die geloof van Lidia en die tronkbewaarder. En daarby kom hulle en hulle hele huisgesin tot bekering en word gedoop. Ek sien in my geestesoog hoe die bewaarder luister na die Evangelie soos Paulus en Silas dit vertel, terwyl hy saggies hulle gegéselde rûe afspons en met salf insmeer… Geloof wat uit liefde tot dade oorgaan!

Laai af

Armageddon…!

Skriflesing: Op 16:1-21
Teksvers: Op 16:15 en 16

Har Meggidon, die berg Megiddo, dit is waarna die woord Armageddon verwys, dit is die plek waar die bose magte van die wêreld vir ‘n laaste aanslag en opstand bymekaar kom en finaal verslaan sal word.

Hierdie woord is baie bekend en ons gebruik dit baie maklik as die verwysing na die finale oordeel wat sal kom. Tog besef ons nie altyd die werklikheid van hierdie vreeslike gebeurtenis nie.

Ons staan vanoggend stil by die 3de saligspreking van die boek Openbaring: Armageddon!

Laai af

Christus openbaar Homself as Verlosser deur Sy Woord regverdig

Skriflesing: Hebreërs 1:1-2:4
Teksvers: Hebreërs 1:1
HK: Sondag 6

Is u van harte oortuig dat die Bybel die woord van God is? Is u seker dat dit wat in die Bybel staan die waarheid is? Want die wetenskap is so oortuig dat die Bybel eintlik maar ‘n boek vol feeverhale is! Dit is maar ‘n boek wat gaan oor menslike ervarings van ‘n bo-natuurlike krag wat hulle God noem! Dit is maar een boek soos baie ander, word beweer!

So geliefdes word die Woord van God vandag in twyfel getrek asof daar geen sekerheid kan wees dat hierdie woord werklik God se eie woord is nie. Want ons bely dat die Bybel nie maar net ‘n boek vol stories oor God is nie, maar God se eie Woord! En uit hierdie woord alleen kan ons die weg na Verlossing vind, Jesus Christus.

Laai af

« Older posts Newer posts »