Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 270 of 345

God die Vader en ons Skepping

Skriflesing: Psalm 104 1 Joh 2:28-3:10
Teksvers: Psalm 104 (in geheel) en 1 Joh 3:1
HK: Sondag 9

Die Psalmdigter is bly oor die skeppingswerk van God en hy loof God daaroor. God het self alles in ‘n groot verskeidenheid en met wysheid geskape. Hy self hou dit alles met sy majesteit en Vaderlike hand in stand. Deur God en in God is alles en leef alles. Sonder God kan niks bestaan nie. Geen skepsel kan op sy eie bestaan, deur sy eie krag nie. Daarom begin ons ook die belydenis van ons geloof deur te bely: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde.

Ons gaan oor drie sake handel:

1) Ons glo dat God ons Vader is.

2) Ons vertrou dat Hy ons volkome onderhou en regeer.

3) Alles gebeur tot ons beswil op aarde.

Laai af

Die regverdiging en wraak van God “Ek is die Here! Ek maak siek en Ek maak gesond”

Skriflesing: Deut 32
Teksvers: Deut 32:39-47

Deut 32:39 “Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel (maak siek) en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.”

God is altyd regverdig. Daarom gebeur daar niks in die wêreld wat God nie van weet nie en nie toelaat nie. God is soewerein. God is in beheer van ons lewens en die heelal. Daarom hoef ons nie te vrees as die swaarkry, oorloë, rampe of wat ookal ons tref nie.

Maar God moet ook nie deur die wêreld of deur sy eie kinders getart word nie. God is nie maar ‘n “godjie” soos talle afgode met wie ons kan maak wat ons wil nie. God wil gedien en geëer en aanbid word met heilige eerbied. Daarom, wat ookal die krisis in ons lewens, ons moet na God toe gaan. By Hom is daar genade en vrede en geluk.

Laai af

« Older posts Newer posts »