Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 250 of 345

Christus maak ons deel van die gemeenskap van heiliges

Skriflesing: Lukas 15:11-32
Teksvers: Lukas 15:21
HK: Sondag 21

Ons ken die trilogie van verlorenheid baie goed. Die gelykenis van die verlore seun is algemeen bekend. En hoewel dit hier gaan oor die blydskap van die bekering van sondaars, sit daar ook iets in hierdie gelykenis oor hoe ons die kerk moet sien.

  1. Wat beteken die woordjie: “kerk”? NGB art 28
  2. Aan wie behoort die kerk? NGB art 27
  3. Hoeveel kerke bestaan daar? NGB art 29
  4. Waarom is dit belangrik om deel te wees van ‘n gemeen-te? HK Sondag 21

Laai af

Het jy ‘n goue kalf in jou lewe of is God jou God!

Skriflesing: Ex 32:1-35
Teksvers: Ex 32: 1,4,9-10, 31-32

Die meeste mense het maar iewers in hulle lewens ‘n goue kalf. Dit is ‘n stokperdjie, hulle werk, hulle sport, geld, vrou, kinders of enige-iets wat vir jou belangriker is as God. Ja selfs jou eie ek, status, geld, besittings kan ‘n “goue kalf” in jou lewe wees. Dit kan maklik gebeur dat iets, of iemand of besittings of werk belangriker in jou lewe raak as God. Ons kan baie maklik op baie dinge vertrou maar vertrou ons werklik op God. As ons moedeloos raak oor ons lewe, wat met my gebeur, oor die omstandighede in die land, die werkomstandighede, waarnatoe wend ons onsself. Wie gaan ons help? Hoe gaan ons uit hierdie situasie kom?

Ons gaan na drie sake kyk uit ons Skrifgedeelte:

  • Die groot sonde, nl. die goue kalf. Ex 32:1-6
  • Die groot toets. Ex 32:7-13
  • Die groot genade van God en tug van God. Ex 32:15-35

Laai af

 

« Older posts Newer posts »