Page 237 of 345
Skriflesing: Openbaring 3:14‑22
Teksvers: Openbaring 3:20
HK: Sondag 29
Stel ’n Nagmaalviering in ons kerk voor sonder Christus! Hy is net nie daar nie. ‘n Afwesige Jesus! Ondenkbaar? En tog is dit die verwyt van Jesus Christus aan sy selfvoldane gemeente in Laodicea.
Geld die verwyt dalk ook vir ons? Nie dat jy Christus kan uitskakel nie. Hy is definitief op die perseel, maar Hy staan nog buite, by die deur en klop. Hy voel nie welkom nie. En daar kan baie redes daarvoor wees.
Ek dink ook nie Jesus voel welkom op allerlei ander plekke waar ons Hom nie laat welkom voel nie. Plekke van afgodery en sonde en misbruik en selfsug en selfvoldaanheid. Miskien moet ons Jesus se teenwoordigheid bedink en dit nie so maklik net as vanselfsprekend aanvaar nie.
Skriflesing: Spreuke 6:1-11; Spreuke 30:24-28
Teksvers: Spreuke 30:24-25
Die volgende vier Sondae wat ek preek, gaan dit DV ‘n kort reeks van vier preke wees, oor vier baie klein diertjies met een eienskap in gemeen: “Hulle behaal sukses.” (Van Rensburg.1993:937)
Die gedagte van die preke kom van vier preke van wyle ds. HM Grobler. (Grobler HM 1999:1-6)
In ons Skrifgedeelte gaan dit oor miere, dassies, sprinkane en geitjies. Almal klein diertjies waarvan die mier die kleinste is. Nogtans kan die mens baie by hierdie insekkie van God leer. Dit leer aan ons om ywerig en vlytig en fluks en pligsgetrou, op die regte tyd, hard te werk. Dit gaan nie in die lewe oor hoe groot en slim en sterk en ryk jy is nie, maar oor getroue harde werk.
Ons gaan na drie sake kyk:
- Die verkryging van buitengewone wysheid.
- Die aanwending van buitengewone wysheid.
- Die gevolge van buitengewone wysheid.