Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 14 of 187)

Toringbouers en Oorlogvoerders is Kruisdraers

Skriflesing: Lukas 14:25-35 (2020)
Teksvers: Vers 27
HK: Sondag 7

Ons dink verder saam oor die betekenis van ‘n ware geloof in Christus wat red. 

In hierdie gedeelte maak ons Here Jesus ‘n geweldige aanspraak dat elkeen wat nie sy kruis dra nie, nie agter Hom kan aankom nie. 

Dit beteken elke mens moet hulle eie kruis dra. 

Maar voordat jy jou kruis opneem, moet jy bereken wat die prys daarvan vir jou lewe is sodat jy nie halfpad kom en dan agter kom jy kan nie die taak voltooi nie. 

God Voorsien

(Last updated on November 17th, 2025)

Skriflesing: Genesis 40:1-41:57 (2020)
Teksvers: Vers 16, 40-41

Josef was tot seën waar hy ook al gekom het. Sy geloof het nie gewankel onder slegte omstandighede nie, inteendeel, hy was ‘n voorbeeld. 

Hy was betroubaar. Meer nog, hy was ‘n profeet van die Here. Hy lê die drome uit van die skinker en die bakker, en steeds verander sy omstandighede nie. 

Dit sou nog twee jaar neem voordat die koning self in die nag ontstel word, sodat Josef as die wysste man in Egipte bekend word. 

So beskik God om Josef uit die tronk te herstel na heerser oor Egipte. 

Reddende Geloof

Skriflesing: Markus 16:9-20 (2020)
Teksvers: Markus 16:16
HK: Sondag 7

Ons belydenis maak ‘n noodsaaklike en belangrike onderskeid oor wat ‘n ware geloof is. Hierdie onderskeid is belangrik om te verstaan wat die verskil is tussen geloof, en ‘n ware geloof. 

As ‘n mens mooi daaroor nadink, is alle mense gelowig. Elke liewe mens op aarde glo in iets of iemand. 

Die kwessie wat ons Here Jesus aanspreek, is ‘n reddende geloof, want nie alle geloof red nie. 

Die HERE was met Josef

(Last updated on November 17th, 2025)

Skriflesing: Genesis 39:1-23 (2020)
Teksvers: Genesis 39:2 en 21

Alles is teen Josef. Sy broers het hom verkoop, hy is ‘n slaaf in ‘n vreemde land, hy werk vir ‘n vreemdeling. 

Al is Josef so getrou om alles te doen wat reg is, beland hy in die moeilikheid. Hy word in die tronk gegooi agv ‘n valse klag. 

Daar is egter een ding wat onveranderd bly: die HERE was met Josef. 

Het God ‘n van (agternaam)?

Skriflesing: Hebreërs 11:1-16 (ook 10:39); Johannes 14:1-6; 1 Joh 3:1-11 (1983)
Teksvers: Heb 11:16

Pelgrims was in die Bybelse tyd die mense wat oppad was na die stad Jerusalem, veral na die tempel, om te gaan aanbid. Oppad na God en sy nabyheid in sy tempel. 

Ons het reeds geleer dat Hy nie net die doelwit daar doer vèr is nie, maar dat Hy ook ons hulp en medereisiger oppad is, wat by ons bly ter wille van sy liefde in en deur Jesus Christus. 

Hy skaam Hom nie vir ons nie, en ons dra sy Naam. Eerder: Hy vereenselwig Hom met ons naam! 

Hy berei vir ons die mooiste stad voor, waar ons saam met Hom kan woon. 

DROOMVERLORE

(Last updated on November 17th, 2025)

Skriflesing: Genesis 37:1-36 (2020)
Teksvers: Genesis 37: 26-27

Soms het ons as kinders groot drome vir die toekoms. Ons het aspirasies om die lewe self te oorwin! Maar nie almal deel altyd in ons drome nie. Soms kan ons drome ook ons ondergang beteken, omdat ons ten alle koste ons drome wil verwesenlik. Josef het nie groot drome gehad oor sy toekoms nie, inteendeel, God het deur drome aan hom gewys wat die toekoms vir hom sou inhou. Inderdaad groot dinge. Ons kyk wat word van die dromer as sy broers hulle sin kry, en hom verkoop as slaaf. Is Josef werklik droomverlore? 

« Older posts Newer posts »