Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 242 of 328)

Die klein woordjie van die onderwyser?

Skriflesing: Psalm 22 en Jesaja 53
Teksvers: Jesaja 53:4
HK: Sondag 15

Ek onthou uit my kinderdae dat my katkisasiemeester ons geleer het dat die VRAE by die Heidelbergse Kategismus NETSO belangrik is as die ANTWOORDE! Kyk jy na die oorspronklike skrywers se kommentaar op die Kategismus (vgl. Het Schatboek, deur Zacharias Ursinus) dan is die vraag is ook deel van die belydenis. Toets dit maar self met die heel eerste vraag na jou “enigste troos”… Dit veronderstel ‘n vreeslike probleem en dat daar net één antwoord is! Ek hoop u volg my argument. Ek wens u lees sommer weer die Heidelberger met nuwe oë.

Vanaand moet u goed oplet. Sondag 15 handel oor Jesus se swaarkry, lyding, veroordeling en vervloeking. Hy het ‘n bittere, bittere lydensweg geloop! Sy hele aardse lewe eintlik ‘n Via Dolorosa (pad van trane)!

En kyk dan nou na die vraagstelling van Sondag 15, waar die onderwyser na hierdie lyding met ‘n verkleinwoordjie verwys- “Wat verstaan jy onder die woordjie : gely? In Nederlands gebruik hy “woordeke”. Is dit nou nie sleg as hy so ‘verkleinerend’ oor ons Verlosser se lyde praat nie?

Laai af

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal vir jou sorg!

Skriflesing: Psalm 37
Teksvers: Psalm 37:5

Dawid was al bejaard tot hy hierdie Psalm geskryf het. (v25) Dit is belangrik, want met grysheid kom die wysheid, vir die meeste mense wat op God vertrou. Daarom dat Dawid weet op wie hy moet vertrou, Hy wat vir hom gesorg het, nou vir hom sorg en altyd vir hom sal sorg. Dawid het die insig gehad wat gebeur met mense wat hulle lewe aan die Here oorlaat, daar is vreugde in hulle lewens. Maar hierdie vertroue in God het in stilte geskied, nie demonstratief nie, nie deur kwaad te word nie, nie deur onsteltenis nie, want God is soewerein en in beheer. Dawid gee in hierdie Psalm vier bemoedigende en vertroostende sekerhede, hoekom ’n gelowige op God moet vertrou:

  • God kan vertrou word. Ps 37:1-11
  • God verstaan jou omstandighede. Ps 37:12-20
  • God seën sy kinders. Ps 37:21-31
  • God sal oor die goddeloses oordeel. Ps 37:32-40

Laai af

Die Diakonie se Skep Hoop fonds

(Last updated on Junie 19th, 2020)

Die diakonie voel geroepe om, gegewe die uitdagings wat ons land en gemeente met die huidige COVID-19 pandemie in die gesig staar, ook die diakonale werk binne ons gemeente te versterk.

Die taak van die diakonie is om in die gemeente van Christus die diens van gemeenskapsbeoefening en liefdesbelewing te onderhou, te bevorder en uit te bou as die konkrete belewing van die liefdesgemeenskap tussen die kinders van God. Hierdie is dus ʼn liefdevolle meelewing oor die hele gemeente, ter ondersteuning van mekaar in nood.

Daarom begin die diakonie met die “Skep Hoop Fonds”. Die naam “Skep Hoop” kom uit Romeine 5 waar Paulus die gemeente aanspoor om te roem in die hoop op God se heerlikheid, om te volhard in verdrukking, omdat dit lydsaamheid en beproefdheid en hoop voortbring en hierdie hoop sal nie beskaam nie.

Lees meer hier

« Older posts Newer posts »