Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 231 of 329)

TRIOMFTOG, IN PAS MET DIE HEILIGE GEES

Skriflesing: Galasiërs 5
Teksvers:  Galasiërs 5:25 (OAV)
HK: Sondag 24

Die nuwe lewe wat ons deur die geloof (HK So. 23) van God ontvang het, moet ook sigbaar word in ons daaglikse lewe op aarde. Dit is nie net tot eer van God nie, maar troos ook die gelowige mens self, wat daarin sien hoe die Here in hom/haar werk.

Ons goeie werke of ons dade van geloof is immers net die VRUG van die werke van die Gees.

1. Kyk of jy in hierdie paragraaf die drie werkwoorde kan opspoor wat op die werk van die Heilige Gees in ons lewe dui?

2. Die memoriseervers Gal 5:22 dui op die drie ampte van die gelowige (3×3). Kan jy die drie ampte daarin onderskei?

Laai af

Hoor hoe lief het die Here jou, kom na Hom toe

Skriflesing: Hosea 11
Teksvers: Hosea 11:1

In die profesie van Hosea gebruik die Here baie beelde (2:1; 5:14; 13:7; 14:7) om die volk te laat verstaan wie Hy is. Dit is asof die Here hulle wil wakker skud, sodat hulle Hom as ‘n werklikheid sal beleef en nie maar net aan Hom sal dink as ‘n vae idee nie.

In Hosea 11 stel die Here Homself voor as ‘n liefdevolle Vader en ook as ʼn Leeu. Die Here se troue sorg en liefde word in Hosea 11 afgewissel met die beskrywing van sy volk se ontrou.

Die Here roep ons deur sy liefde om by Hom te kom leef.

Laai af

As iemand wysheid kortkom…

Soms voel dit asof ‘n mens net nie genoeg wysheid het om te weet wat reg is of nie. Daar is so baie mense wat worstel met “waar om die lyn te trek” as dit kom by verskillende uitdagings in die lewe.

Baie mense vra die vraag: Waar moet ons die lyn trek as dit kom by burgerlike gehoorsaamheid? Waar moet ons die lyn trek om weg te bly van die erediens? Waar moet ons die lyn trek om jou besigheid en daarmee jou lewensonderhoud te red?

Hierdie is nie maklike vrae om te beantwoord nie… En elke persoon se gegewe omstandighede verskil… Tog is daar ‘n duidelike riglyn in die Skrif oor beginselsake. Die Bybel is nie ‘n naslaan boek moet probleemoplossings nie. Dit is nie ‘n “kitsgids” vir hoe om dinge gou gou reg te maak nie…

Die Bybel is vir ons die rigtingwyser, maar uiteindelik moet ons elkeen op ons knieë gaan en tot God bid… So skryf Jakobus (1:5ev) aan die gemeentelede wat verstrooid is: As iemand wysheid kortkom, laat hom dit van God bid… Maar dan moet jy in die geloof bid!

Dan sal jy dalk wonder: Maar wat moet ek bid? Hoe moet ek bid? Dit antwoord die Heilige Gees ons in die brief aan die Romeine hoofstuk 8: die opregtheid van hart in die hoop op Christus… En al weet ons nie reg wat ons moet bid nie, kom die Gees ons swakhede te hulp en tree vir ons in met onuitspreeklike versugtinge!

Laat ons dan biddend nader tot die hemeltroon in hierdie moeilike tyd om te bid vir wysheid en genade, met ‘n dankbare hart. Want God wat die harte deursoek weet wat die bedoeling is, Hy ken ons harte. Hy sal aan ons vrede en berusting gee, dat Hy ook hierdie omstandighede vir ons tot goede sal laat meewerk…

Lourens (vdm)

« Older posts Newer posts »