Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 215 of 329)

Dien God met jou hele hart!

Skriflesing: Deut 6:1-25; 8:1-6; Matt 4:1-11
Teksvers: Deut 6: 4, 5
HK: Sondag 34

Elke oggend as jy opstaan kyk jy eers in die spieël om te sien hoe jy uiterlik lyk voor jy die wêreld aandurf. Tog gebruik niemand van ons die spieël om teen ons gesig of hare te vryf om dit reg te maak nie… Die spieël gee jou ‘n refleksie van die uiterlike werklikheid.

As ons soveel tyd en moeite spandeer voor ‘n spieël vir ons uiterlike voorkoms, hoeveel te meer moet ons onsself rig op ons innerlike voorkoms. Die vraag is hoe? Die wet van God is die sielspieël… Dit gee ‘n refleksie van die werklikheid van ons innerlike menswees.

Ons staan vanaand stil by die tema: dien die Here met jou hele hart! Amen

Laai af

Die vuur van God moet bly brand!

Skriflesing: Lev 6:8-13; Jer 20:7; 2 Tim 1:6; Lev 9:22-10:2
Teksvers: Levitikus 6:13

Die psigologiese impak van die tweede Wêreldoorlog word vandag nog in akademiese en wetenskaplike kringe gebruik as verskoning vir baie sondes wat in ons wêreld heers. Die impak van wêreld se hantering van die Corona-virus gaan in die volgende dekades soortgelyk gevoel word.

Alhoewel ons te make het met ‘n aggressiewe en hoogsaansteeklike virus met ernstige komplikasies, was by die sluiting van kerke en die beperking op ekonomieë waarskynlik die kool die sous dalk nie werd nie. Dit kan en mag dalk ‘n geweldige invloed op die ywer van die godsdiens op baie kinders van die Here hê.

Dit skep ook die geleentheid aan die Bose, wat so ‘n kans nooit verby sal laat glip nie, om die vuur van die geloof in mindere of meerdere mate te probeer blus nie. Ons teksvers waarsku vandag teen hierdie aanslag van futloosheid in die kerk van die Here in die algemeen. Laat ons ook nou alles in die stryd werp om in onsself en in ons gemeente die vuur van die Here weer aan te blaas!

Laai af

« Older posts Newer posts »