Skriflesing: Matteus 21:33-46 (2020)
Teksvers: Matteus 21:42-44
‘n Gelykenis is meer as net ‘n mooi, opgemaakte storie. Dit is ‘n beeld wat gebruik word om ‘n dieper betekenis van die lewe te verduidelik. Gelykenis beteken soortgelyk, of dieselfde. Dit is nie soos Simson se raaisel nie, maar eerder ‘n beskrywing wat iets meer duidelik stel.
Tog is daar iets van ‘n geheimenis wat daarin versluier is. Jesus het veral gelykenisse gebruik om verskillende aspekte van sy koms te verduidelik sodat gelowiges kan verstaan wat Hy bedoel.
Ons staan vanoggend stil by die gelykenis van die landbouers en die verduideliking uit Psalm 118 as die vervulling van die Skrifte.