Skriflesing: Mat 10:26-31
Teksvers: Mat 10:29-31
HK: Sondag 1 Vr. en antw. 1
Om fisies seer te kry, om ’n terminale siekte te hê, om ouer te word, om swaar te kry is nooit vir enigiemand lekker nie. Inteendeel, dit is nie net soms seer nie, maar dit is ook trau-maties. Daarom is daar traumabehandeling, deur pastorale sielkundiges en psigiaters. Maar ons as Christene het dié grootste troos. Ons het nie net God wat daar ver is wat ons vertroos en aan ons die beste traumatiese behandeling gee nie, maar Hy het ook alles wat ons nodig het laat opskryf sodat ons dit kan lees en daardeur vertroos kan word. God is intiem nou by ons betrokke deur sy Woord en Gees. Ons gaan na drie sake kyk.
- Ons behoort aan Jesus Christus.
- Ons word bewaar deur die Vader.
- Ons word verseker van die ewige lewe deur die Heilige Gees.