Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 299 of 345

Jesus se verloofde bruid

Skriflesing: Lukas 22
Teksvers: Lukas 22:20

Om werklik ons teksvers vandag te verstaan is dit nodig om die gewoontes van die Jode rondom die huweliksbevesti-ging (troues) van destyds te verstaan. Dit is ook nodig om te weet dat die verlowing nie maar net ‘n romantiese afspraak was nie, maar as absoluut vaste beloftes. Dus was dit die eerste stap van die huweliksluiting en kon dus alleen deur ‘n behoorlike egskeiding beeïndig word.

Dit sou vandag nogal belangrik wees om jou verantwoordelikheid as verloofde bruid van Christus hierin te verstaan en daagliks uit te leef, terwyl jy en ek in gespanne afwagting uitsien na die koms (lees: wederkoms) van ons Bruidegom!

Laai af

Die dood van die dood

Skriflesing: Hebreërs 2
Teksvers: Heb 2:14 en 15

In hierdie Skrifgedeelte fokus die Heilige Gees op die rede waarom Jesus Christus ʼn ware mens, uitgesonder die sonde, soos ek en jy geword het. Jesus Christus het mens geword om deur sy dood die een wat oor die dood mag het, dit is die duiwel, finaal te kon ontkrag. Deur Christus se dood is die duiwel se mag en aanspraak op selfs die dood vernietig. Inderdaad is die “dood” nou vir ons as God se kinders dood. Die dood van die geestelike dood deur Jesus Christus, hou nou in dat elkeen wat uit vrees vir die liggaamlike en geestelike dood, hulle lewe lank in slawerny verkeer het, nou werk-lik in ware vryheid kan leef. Jesus Christus se dood is nie gefokus op die engele nie, maar op die geestelike nageslag van Abraham.

Hy het in alle opsigte aan ons gelyk geword, sodat Hy ons barmhartige en getroue hoëpriester kan wees by die Vader. Daarom nooi Hy jou uit om by Hom vertroosting en redding te kom vind deur jou deelname aan die nagmaal.

Laai af

Satan dink hy is ’n leeu wat kan oorwin, Christus is die leeu wat oorwin het!

Skriflesing: 1 Petr 5:1-14; (Gen 49:10-12; Open 5:5)
Teksvers: 1 Petr 5:8

Is jy elke dag waaksaam en wakker? Is jy waaksaam teen die duiwel, die Satan? Die Satan is elke dag hard besig om die mense en veral die Christene te verlei en te mislei, sodat hulle van God afvallig sal word.

Ons gaan na die volgende sake kyk:

  1. Satan dink hy is die leeu wat kan oorwin.
    • Respekteer Satan, want hy is gevaarlik.
    • Herken Satan, hy doen homself voor as die Engel van die lig.
    • Weerstaan Satan.
  2. Christus is die Leeu wat oorwin het.

Laai af

God is Regverdig, Barmhartig, Genadig, Lankmoedig en Vol Liefde

Skriflesing: Heb 10:1-17; Ex 33:12-23; 34:1-14
Teksvers: Heb 10:10; Ex 34:6,7

God is volkome regverdig en barmhartig. Volkome is ‘n baie gelade woord, want dit beteken dat God ten volle, sonder om af te wyk, altyd dieselfde God is. En nogtans is God ook genadig en lankmoedig in sy liefde. Dus al haat God die sonde en wou en sal Hy dit nooit ongestraf laat bly nie, het God in sy groot liefde ons nie verdelg nie, maar verlos van ons sonde. So al is jou sonde hoe groot en hoe baie, daar is verlossing deur Jesus Christus.

1 Die Verbondsverhouding is verbreek, maar God vernuwe dit.

2 Moses besef dadelik dat in God se Regverdigheid lê daar vir die volk baie groot swaarkry in.

3 Die Here het deur sy voldoening herstel met God bewerk.

Laai af

« Older posts Newer posts »