Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 265 of 345

Jesus is meer as net ons hoop, Hy is ons Enigste Verlosser

Skriflesing: Lukas 24:13-53
Teksvers: Lukas 24:21
HK: Sondag 11

Mense kan baie maklik moed verloor veral wanneer dinge nie uitwerk soos hulle gedink het nie. Dit is presies wat gebeur met die twee Emmausgangers. Hulle is oppad huistoe, en het gehoop dat Jesus die ware Verlosser is.

In die Heidelberger bely ons egter veel meer as net om te hoop: elkeen wat die Verlosser met ‘n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is.

Laai af

Waardevol of waardeloos

Skriflesing: 1 Kor 15
Teksvers: 1 Kor 15:14, 17, 58

Wat is regtig vir jou waardevol?

Dink bietjie aan iets wat jy nie graag sou wou verloor nie. Dalk jou trouring of iets met sentimentele waarde. Wat is regtig waardevol in jou lewe? En nou moet jy vra: Hoekom? Waarom is dit so waardevol? Wat maak iets so van waarde…

As iets nie waarde het nie, dan is dit waardeloos. Dink aan iets wat waardeloos vir jou sou wees. Jy gee nie om nie. Dit kan maar breek, wegraak of so…

Waardevol en waardeloos.

En wie bepaal die waarde?

Laai af

Onbetwisbare bewyse dat Jesus Christus opgestaan het uit die dood en die onbetwisbare Koning van God se koninkryk is

Volgens die vier Evangelies en Handelinge en die Eerste brief aan die Korintiërs, het Jesus ten minste tien keer, in hierdie tyd tussen Paasfees en die Hemelvaart aan verskeie mense verskyn aan individue, aan groepe vrouens en mans, aan die dissipels en aan meer as vyf honderd mense gelyk.

Hy het verskyn aan…

  1. Die vrouens by die graf (Mat 28:9-11)
  2. Maria Magdalena (Mark 16:9-11; Joh 20:11-18)
  3. Die twee Emmausgangers (Mark 16:12; Luk 24:13-32)
  4. Petrus in Jerusalem (Luk 24:34; 1Kor 15:5)
  5. Aan tien dissipels (Luk 24:36-43; Joh 20:19-23)
  6. Elf dissipels (Joh 20:24-29; 1 Kor 15:5)
  7. Sewe dissipels wat in Galilea visvang (John 21:1-23)
  8. Elf dissipels in Galilea (Mat 28:16-20; Mark 16:14-18)
  9. Vyf honderd mense (1 Kor 15:6)
  10. Jakobus broer van Jesus Christus (1 Kor 15:7)

Jesus Christus het die mag van die prins van die wêreld verbreek. Satan het geen houvas meer oor God se kinders nie. Ons is meer as oorwinnaars. Jesus Christus is ons Koning wat die mag van Satan totaal en al vernietig het. Jesus Christus is nou ons almal wat in Hom glo se Koning. 1 Kor 15:25.

ds. Gerrit Kruger

« Older posts Newer posts »