Page 247 of 345
Skriflesing: Lukas 8:40-56
Teksvers: Lukas 8:48
HK: Sondag 23
Met Sondag 22 bereik ons die einde van ons geloofsbelydenis. Die belydenis wat so presies uitgelê is oor die betekenis van elkeen van die 12 artikels keer nou terug na ons in persoon en vra: wat is die waarde van al hierdie dinge wat ons bely? Wat is die waarde van jou geloof?
Ons gaan vervolgens stilstaan by die gebeure van twee meisies wie se lewe in gevaar is agv gesondheid met die tema: Geloof red.
- Kan jy nog die 5 bekende solismes onthou van die reformasie? Sola Fide… ens
- Hoekom sal ons bely dat geloof red, as dit tog net ons Here Jesus is wat kan verlos? Hab. 2 en Romeine 1
- Wat beteken die woorde: geregtigheid en regverdigheid?
- Watter soort werke kan ons doen om onsself te red?
Skriflesing: 1 Petrus 1:1-15
Teksvers: 2 Petrus 1:11
Hoe ouer ek word hoe meer dringend vind ek dit dat jy jou Doop sal verstaan en onthou. Alhoewel die Doop geen saligmakende kragte het nie (soos Roomse sou beweer), vind ek dit tog van die grootste trooswaarde dat jy onthou dat God Homself aan jou verbind het en dit in die waterteken van die Doop beseël en bekragtig het. Dit is God se verbondstrou! Dit is iets wat jy jou hele lewe lank moet onthou en vashou! Dit gee krag en sekerheid en hoop.
Dit is egter ook so dat die Doop twee kante het en dat die dwaling van sakramentalisme eintlik net die een kant onthou en die ander baie belangrike kant vergeet!
Petrus wat in sy tweede brief die Gnostisisme aanpak wys weer daarop dat die Doop jou oproep tot verbondstrou van jou kant. Daarsonder sal ons God nie sien nie! Kom ons dink vanmôre weer na oor wat die Doop van ons verwag en wat dán op ons wag…’n groot verrassing!