Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 194 of 345

MOEDERBELOFTE – PROTO-EVANGELIE!

Skriflesing: Gen 3:1-24; Rom 5:12-21 
Teksvers: Gen 3:15; Rom 5:14b,15 

Gen 3:15 (‘53 en ‘83) 

15a “Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, 
15b tussen jou nageslag (saad) en haar nageslag. (saad) 
15c Haar nageslag (Hy) sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” 

As Genesis drie nie in die Bybel opgeskryf was nie, was die Bybel nie nodig soos wat ons dit ken en ontvang het nie. HOEKOM… 

Want die res van die Bybel handel oor die mens se sondes en oortredinge, en oor wie God is in sy Selfopenbaring en in sy genade wat Hy gedoen het om die mens te verlos. As ons Genesis drie verstaan, verstaan ons die res van die Bybel en natuurlik veral Romeine 5. 

• Satan is God se vyand en hy is werklik en bestaan. 
• Satan het die mens se hele bestaan verander…. 
• God se genade nou reeds geopenbaar in die Moederbelofte. 

Deur Sy Woord en Gees vernuwe God sy kerk

Skriflesing: Esegiël 37:1-28 
Teksvers: Esegiël 37:12-14

“Ons bene is verdor, ons verwagting is verlore!” Dit is klaar met ons… Hierdie woorde sny deur ‘n mens se hart. As iemand moed opgee en nie meer kans sien vir die lewe nie. As iemand nie meer krag het om aan te wil gaan nie! 

Dit is presies wat gebeur het met die ballinge in Babel. Toe hulle hoor Jerusalem het geval en die tempel is vernietig, het hulle hele wêreld en al hulle verwagtinge inmekaar gestort. Vandag staar ons iets soortgelyks in die gesig. Ons hele lewe en alles wat ons glo en vertrou word uitgedaag. Ook die bestaan van die kerk word bevraagteken… 

Ons staan vanoggend stil by die profetiese boodskap van hoop en verlossing as die Here aankondig dat Hy deur Sy Woord en Gees nuwe lewe skenk. Amen 

« Older posts Newer posts »