Page 147 of 345

Registreer hier.
Inskrywings word gedoen deur die skakel te volg. Indien enigeen onseker is of nie internettoegang het nie, kan die telefoonnommer geskakel word vir hulp en bystand!?
Skriflesing: 2 Kor 5; Matt 25:14‑23; Op 20
Teksvers: 2 Korintiërs 5:10
Is hier ‘n spanning in die Heidelbergse Kategismus te bespeur? Die evangelie is immers een van genade en nie verdienste nie.
En tog wil die Here sy kinders wat aan Hom getrou is, beloon? Hoe werk hier beloning dan as ons so sterk oortuig is dat ons alles net uit absolute genade van die Here ont-vang? Waarom sal ons dan nog voor die regterstoel van die Here Jesus moet verskyn?
Skriflesing: Eksodus 25
Teksvers: Eksodus 25:8
Na aanleiding van die besoek aan die duplikaat van die Tabernakel in die woestyn saam met die kinders verlede week, het ek dit goed gedink om oor hierdie gedeelte te preek. Dit was immers ‘n wonderlike genade dat die Here na die episode van die goue kalf nog steeds hierdie verklaring aan Moses doen.
Dit is wonderlike genade dat die Here in ons en by ons wil woon. Die apostel Johannes jubel juis daaroor in sy eerste hoofstuk: Die woord het vlees gewoord en onder ons kom woon! (Jh 1:14)