Page 127 of 345
Skriflesing: Johannes 18:28-40
Teksvers: Johannes 18:37-38
HK Sondag 43
Christus se Koningskap is vir ons as gelowiges bekend en reg, maar u kan maar net dink hoe vreemd dit moes geklink het vir Pilatus. Dat ‘n arm Galilese man, wat skynbaar hulpeloos is, met ‘n klomp visserman-vriende, aanspraak maak op Koningskap.
Christus se Koningskap is egter geheel en al gerig op die waar-heid. Daarvoor is Hy gebore en daarvoor het Hy in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig.
Ons staan vanaand stil by die 9de gebod in die lig van Jesus se waarheids-getuienis in ‘n wêreld verward oor die waarheid.
Skriflesing: Joh 14:15-31
Teksvers: Joh 14:21
Die liefde van God word in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. Rom 5:5. Daarom weet elke wedergebore kind van God dat God hom/haar liefhet. Daarom kan en wil ons nie anders as om gehoorsaam te wees aan God se gebooie nie. Dit is die Heilige Gees wat die wonderlike troos in ons harte vasmaak, deur die lees van die Woord en die versterking van die Heilige Nagmaal. Hierdie versterking kom onder andere deur drie sake na ons toe:
- Jesus Christus se openbaring reeds in die verlede aan ons.
- Jesus Christus se openbaring nou in die hede aan ons.
- Jesus Christus se openbaring in die toekoms aan ons.
As Christene is dit verseker een van ons dure pligte om verdraagsaam te wees. Verdraagsaam beteken om met mekaar geduld te beoefen. Iemand beskryf dit as “geduldigheid, grootmoedigheid, lankmoedigheid, liefdadigheid, lydsaamheid, toegeef-likheid, toegewendheid en toleransie”.
Verdraagsaamheid beteken nie om noodwendig nie standpunt in te neem en maar met alles saam te stem bloot om nie konflik te veroorsaak nie. Verdraagsaamheid beteken nie om die verkeerde, goed te keur of te tolereer nie. Verdraagsaamheid beteken om in die liefde van God, mekaar te verdra, reg te help en in liefde saam te lewe, al verskil jy ook van iemand anders.
Om mense met minagtiging te behandel is, om ongehoorsaam te wees aan God se gebooie. Lui die spreekwoord nie: “Woorde wek maar voorbeelde trek nie” of “Die liefde oorwin alles.” Daar is vandag in die wêreld al meer onverdraagsaamheid tussen volkere, nasies, lande en selfs tussen families en Christene. Ons kyk mekaar met agterdog aan en sodoende vlieg die liefde dikwels by die agterdeur uit.
Jesus Christus het medelye gehad met die mense. Ons lees dat by Jesus se kruisiging het Hy selfs gebid: Luk 23:24 “Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”
Daarom moet ons eerder vir mekaar bid as ons verskil in opinie, of siening. Ons moet bid en vra vir liefde en versoening. Dit is grootmoedig om minder te word, om nie meer te wil word nie. Dit is ‘n opdrag dat God altyd meer en meer moet word in ons lewens (Joh 3:30).
Mag God ons help om Hom onvervals en in opregtheid te dien.
Mag God ons help om in eerlikheid die waarheid na te jaag.
Mag Christus altyd in ons lewens die weg, die waarheid en die lewe wees.
Ds. Gerrit