Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 124 of 345

Net die hoogste belydenis op hierdie grootste vraag sluit jou in die eenheid van die ware geloof in

Skriflesing: Matteus 6: 13-20 
Teksvers: Matteus 6:13,14 
HK Sondag 7 

Jesus vra die mees belangrikste vraag moontlik. Hierdie vraag is die kernpunt van die evangelie en moet deur elkeen en ook deur jou beantwoord word: “Wat dink jy van Jesus?” Nadat Jesus Homself aan gebed gewy het, wandel Hy met sy dissipels tussen die dorpies van die omgewing. Al wandelende praat Hy met sy dissipels en vra hulle dan die vraag: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Kom ons plaas die vraag van Jesus in ons tyd? 

Wat is die wêreld, die man op straat se mening oor Jesus? Die filmwêreld se mense meen Hy is ‘n “superstar”. Sommige mense soos die Islam meen dat Hy ‘n groot profeet was wat ‘n mooi voorbeeld was. Ander meen Hy was ‘n Messias vir die onderdruktes. Nog ander meen dat Hy ‘n Groot Leraar van Etiese waarhede was. 

Baie kom baie nader aan die waarheid, maar naby is nie goed genoeg nie. Hulle ken Jesus nog vir wie Hy werklik is nie. 

As jy min van God se lig in hierdie wêreld sien, kyk en doen radikaal nuut!

Is daar nog lig as die magte van die duisternis die wêreld om ons beheer? Juis in Desember, die maand waarin Kersfees reg oor die wêreld gevier word, kom die vraag by ‘n mens op: “Verlig die Lig wat in hierdie wêreld ingekom het (vgl. Johannes 1), regtig die wêreld waarin ons woon?” Dit lyk eintlik eerder of die magte van die duisternis die wêreld beheer. 

In 2 Konings 24-25 lees ons ook hoe die magte van die duisternis die wêreld beheer het. God se volk is in ballingskap weggevoer, koning Jojagin is in die gevangenis en sy opvolger is gevange geneem. Die laaste ding wat hierdie opvolger gesien het voor sy oë uitgesteek is, is hoe sy nageslag deur die vyand geslag word. Die kandelaar wat die ware lig wat God aan sy volk gegee het, uitgebeeld het, het nie meer in die tempel gebrand nie. Die tempel is deur die vyand afgebrand en alle skatte van die tempel is weggevoer. Die magte van die duisternis het die wêreld beheer. Die vraag is: “Skyn die ware lig nog in hierdie wêreld as die magte van die duisternis alles beheer?” 

God eis dat ons radikaal nuut sal kyk – Hy self is die lig. Hoewel 2 Konings afsluit met die donker prentjie van Israel se geskiedenis, is daar tog heel aan die einde ‘n ligpunt. Koning Jojagin word begenadig. Hy kry hoër status as al die ander konings wat in die gevangenis was, hy mag sy gevangenisklere uittrek en mag aan die koning se tafel eet. 

‘n Mens sal ‘n fout maak as jy dink dat dit (die genade wat die koning Ewil-Merodak skenk) op sigself die ligpunt was. Die koning van Israel was immers nog steeds onder beheer van die koning van Babel. Die ligpunt is egter dat God in dit wat Hy met Jojagin laat gebeur, iets van Homself openbaar. Hy laat nie werke van sy hande vaar nie. Sy beloftes staan, ondanks die “oorwinnings” van die duisternis, steeds vas. Die Een wat Hy beloof het, sal steeds kom. Die genade van Ewil-Merodak is maar net ‘n aanduiding van God se genade vir hulle wat aan Hom behoort. Wie net duisternis sien, moet radikaal nuut kyk. God self is die Lig. Al lyk dit of die duisternis alles oorheers, wie naby God leef, sal die lig hê. 

Wie die ware Lig ken, word deur hierdie lig verlig. Hoewel Babel as die mag van die duisternis opgetree het, was die groot duisternis nie by Babel geleë nie. Dit was in die harte van die mense van Juda. Hulle het God verlaat en self die duisternis binne gestap. Wie egter die ware Lig ken, word deur hierdie Lig verlig – word self ‘n lig (vgl. Mat. 5:14) wat in hierdie wêreld skyn. 

Gelowiges wat merk dat daar min van die ware lig in hierdie wêreld skyn, moet na hulle eie lewe kyk. Wanneer ek naby dié Lig leef, sal Hy wat aan my die ware lig gegee het, my ‘n lig in hierdie wêreld laat wees. Wie net duisternis sien, moet radikaal nuut doen. 

Dr Douw Breed 

« Older posts Newer posts »