Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 115 of 192)

Die Triomferende Kerk

Skriflesing: 2 Korintiërs 2:12-17
Teksvers: 2 Korintiërs 2:14 

Paulus is redelik teleurgesteld in die gang van sake in die gemeente en ook oor die feit dat hy vir Titus in Troas misgeloop het (vs 13). Sy planne werk nie altyd uit nie. 

Die alledaagse katastrofes is genoeg om mens moedeloos te maak, totdat jy weer anders na die gebeure kyk. Kyk maar altyd daarna in die lig van Christus se oorwinning. Dan raak jy weer positief en gemotiveerd tot roepingsvervulling. 

Ds Maarten van Helden 

Jou lewe moet getuig van God se Verlossing en oordeel

Skriflesing: Esegiël 33:1-20
Teksvers: Esegiël 33: 7-11 

Die evangelie is ‘n Blye Boodskap van God se genade. Maar dit is ook ‘n boodskap van oordeel. Dit plaas ‘n enorme verantwoordelikheid op elkeen wat dit hoor, en elkeen wat dit glo. As God die oordeel aankondig en jy waarsku nie iemand nie, word jy verantwoordelik gehou. God plaas ons as wagters, as brandwagte in hierdie wêreld. Jou lewe moet getuig van Sy verlossing maar dit moet ook getuig van sy regverdige oordeel. Amen

Ds Lourens Venter 

PROEFGEBOD

Skriflesing: Gen 2:4b-25
Teksvers: Gen 2:16,17 

Voorregte bring verantwoordelikhede! God se genade vra gehoorsame verantwoordelikhede 

1 God skep die man Gen 2:4b-7 

2 God skep ’n tuiste Gen 2:8-15 

3 God skep ’n Proefgebod Gen 2:16,17 

4 God skep die vrou Gen 2:18-23 

5 God skep die huwelik Gen 2:24,25

Ds Gerrit Kruger 

DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD(2)

Skriflesing: Efesiërs 6:10-20
Teksvers: Efesiërs 6:14‑17 

Verlede week het ons gehoor dat ons behalwe ons twee bekende aartsvyande (die wêreld met al sy versoekings en ons eie sondige vlees/geaardheid) ook goed rekening moet hou met die vyand van buite. 

Ons weet van hom, maar slaan dikwels nie genoegsaam ag op sy listige metodes nie. Efesiërs 6 noem sy aanslae “metodias” wat vertaal kan word met “skelm stoeigrepe” (vuilspel). Die duiwel speel maklik vuil in die geveg wat hy met ons het. 

In sy genade skenk die Here God ons die nodige wapenrusting: Die wapenrusting moet net nie in die kas bly lê nie – trek dit aan! Sommer vandag nog!! 

Ds Maarten van Helden

« Older posts Newer posts »