Skriflesing: Nehemia 2:1-20 (2020)
Teksvers: Nehemia 2:4
Die Jubeljaar is ook ‘n hersteljaar. Dit gee geleentheid om dinge reg te maak wat deur die verloop van tyd verkeerd gegaan het. Maar herstel kom nie vanself nie.
Baie keer is herstelwerk baie meer veeleisend en baie meer moeite as om dinge maar net te los soos dit is. Om dinge egter net te los, bring nie verbetering nie. So het Nehemia verneem dat al die ballinge wat teruggekeer het na Jerusalem, selfs nadat die tempel herstel is, nog nie die muur herstel het nie.
Nehemia se ontsteltenis is op sy gesig te sien, en in sy houding. Dan vra die koning vir hom ‘n geweldige vraag, en ‘n vraag wat ek en jy self moet beantwoord oor die dinge wat ons graag wil regstel in die lewe: Wat wil jy hê moet gebeur?