Skrywer: admin (Page 244 of 328)
Skriflesing: Hand 2:7-18
Teksvers: Hand 2:17
HK: Sondag 14
Ons kan Jesus nie leer ken deur middel van … karakterontleding, historiese navorsing, of ’n sielkundige ondersoek, of evaluering nie.
Ons kan Jesus nie in menslike kategorieë plaas soos bv die vier temperamente nie nl. choleries, sanguinies, melankolies en flegmaties nie.
Ons kan Jesus nie probeer ontleed as ‘n historiese figuur met hierdie en hierdie en hierdie eienskappe nie.
- Hoekom kan ons dit nie doen nie?
Want Jesus Christus was terselfdertyd, waarlik God, en waarlik mens. 1 Joh 5:20; Heb 2:14
MAAR JESUS CHRISTUS KEN ONS VOLKOME!
Omdat Hy waarlik mens was, is “Hy ons Middelaar wat met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is, voor God bedek.”
Skriflesing: Romeine 8:31-39
Teksvers: Romeine 8:34
Die agtergrond van die skrywer van Romeine is Paulus die regsgeleerde. Die brief is soos ‘n verslaggewer van ‘n hofsaak.
Hy begin by die aanklag daar is geen verdediging nie, daar is geen versagtende omstandighede nie, daar is geen appél nie, net skulderkenning.
Die uitspraak is: Skuldig tot die dood. Die vonnis is uitgespreek maar, dit is wat Paulus so mooi maak, dan tree die Advokaat na vore en verloop die hofsaak in die guns van God se kinders.
Jesus Christus tref die kol!
Hierdie is ’n artikel wat ds. SFF van der Walt in die kerkblad van Feb 2020 geskryf het.
Dit is ’n baie toepaslike, profetiese artikel gewees veral met dit wat nou in ons land aan die gang is. Want daar is nou baie mense wat baie swaarkry, oor die hele spektrum, van ons bevolking. Talle mense is afgedank, het hulle werk verloor, kry verminderde salarisse. Ons kinders mag nie skool toe gaan nie en mense ouer as sestig mag nie gaan werk nie. Die lyding is besig om al meer en meer toe te neem, hongersnood, armoede, werkloosheid, eensaamheid, mishandeling, bekommernis, onsekerheid ens. Maar vir ongelowiges of swak gelowiges kan dit ’n al groter worden-de probleem word.
Vir die gelowige gee die Skrif egter duidelike riglyne hieroor. Rom_8:18 “Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.” Maar geliefdes, Christus het ons lyding op Hom geneem (Mat 8:17). Christus se lyding was so erg intens dat Hy sy lewe afgelê aan die kruis. Maar omdat God geweet het dat ons nie op ons eie kan bestaan of staande kan bly nie, het Hy ook die Heilige Gees gestuur om ons te vertroos, te versterk en elke dag by ons te wees. Daarom ook die uitnodiging in Mat 11:28 dat ons na Jesus toe moet gaan as ons uitgeput en oorlaai is.
Dit is juis in hierdie tyd waarin ons leef, tydens die Covid-19 epidemie dat ons al nader en nader na God toe moet gaan. Dit is in hierdie tyd dat ons in die geloof moet groei, om in die geloof te groei is om ook ons kennis van die Woord te laat groei, daarom moet ons vertroosting in die Bybel soek. Ons moet biddend God vra vir krag en genade en geloof en insig. Ons moet biddend die kerk, ons land en die wêreld aan God opdra vir beskerming. Want ook hierdie lyding sal einde kry. Hierdie lyding sal verbygaan.
2 Kor 4:17
“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.”
Ds. Gerrit
