Skriflesing: Hand 3:1-26; Hand 8:9; Hand 14:8-11 (1983)
Teksvers: Hand 3:6,16

Vir ons as mense is ons name belangrik. Ons is trots op ons name veral as ons weet hoekom jy die naam het. Miskien is dit ’n familie-naam, jou oupa of ouma, pa of ma se naam. Miskien was dit ’n mooi naam vir jou ouers. Partykeer het ’n naam, veral ’n bynaam ‘n betekenis. 

Ons gaan vanmôre kyk na: 

• Die betekenis van Jesus se Naam. 

• Die krag van Jesus se Naam. 

• Die gebruik van Jesus se Naam. 

Hand 3:6 “Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”