Skriflesing: Gal 3:1-4:7
Teksvers: Gal 3:10-13, 25
Gal 3:25
“Ons is nie meer onder ’n tugmeester nie.” (1953)
“Ons staan nie meer onder toesig van die wet nie.” (1983)
“Ons staan nie meer onder die toesig van ’n oppasser nie.” (2020)
Verlossing kan nooit kom deur die onderhouding van die wet nie. Dit is omdat niemand die wet volkome kan onderhou nie, behalwe Jesus Christus wat self volkome mens was, maar sonder sonde.
- Die wet leer aan ons hoe om te lewe.
- Die wet eis gehoorsaamheid.
- Die wet lei ons na ’n dankbare lewe.