Lees: Filippense 4
Teksverse: Filippense 4:4-9
Skrywer: admin (Page 279 of 344)
Skriflesing: Lukas 15:1-7
Teksvers: Lukas 15:7
“Ek sê vir julle: Net so sal daar in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.” Lukas 15:7
1. Hartseer oor die een wat verlore is.
2. Blydskap oor die een wat gevind is.
Skriflesing: Heb 10:1-20
Teksvers: Heb 10:8-10
Sonde is elke mens op aarde se grootste probleem. Dit maak nie saak van watter denominasie of geloof of oortuiging jy is nie. Die mens is van geboorte af ’n sondaar, en deur sy eie keuse bewys hy of sy dit.
- Ons is nie sondaars omdat ons sonde doen nie.
- Ons doen sonde omdat ons sondaars is.
Maar vandag kan elke ware, opregte Christen tog sê: “Ek is ’n verloste sondaar!” Maar om hulle sondes te erken, moes die mense van die Ou Testament offers gebring het, diereoffers, graanoffers, brandoffers en sondeoffers. Maar Jesus Christus is die eenmalige volmaakte offer.
Ons gaan na drie sake kyk:
- Die behoefte vir ’n beter offer.
- Die voorsiening van ’n beter offer.
- Die gevolg van ’n beter offer.
Skriflesing: Levitikus 3
Teksvers: Levitikus 3 (Fokus 3:1)
Die maaltydoffer of dankoffer word ook die vredesoffer genoem. Die Hebreeuse woord is “zebach sjelamiem” waarin uself reeds die woord sjeloom of shalom (vrede) kan herken. Die Statenvertaling noem dit die “dankoffer”.
Sjaloom is daar waar daar vrede is tussen die uiterlike en die innerlike! Vrede van God wat sy kinders ervaar ten spyte van die uiterlike druk van die wêreld! (Fil 4:4) Dus dank en blydskap en selfs vrolikheid ten spyte van al die gebrokenheid van hierdie sondige wêreld.
Dit is iets wat net moontlik is in die geloof in Jesus Christus. Daarvoor moet ons Hom alleen dank en loof, nie net in ons harte of in ons binnekamers nie, maar ook in ons openbare lewe in die kerk en selfs as getuienis na buite!
Skriflesing: Levitikus 2
Teksvers: Levitikus 2 (Fokus 2:3)
Die brandoffer waartydens alles op die altaarvuur verbrand is, was die teken van volle oorgawe aan die Here ons God en daarmee is verwys na ons gehoorsaamheid aan die eerste tafel van die wet.
Die graanoffer is ‘n deel-offer. Jy deel van jou beste gawes met die priesters wat in die tabernakel of tempel gewerk het. Dit verwys meer na die gehoorsaamheid aan die liefde vir die naaste, volgens die tweede tafel van die wet van God.
Die resep vir die graanoffers is egter in sy besonderhede ook weer ‘n teken van die beste wat jy vir die Here gee en so is alles wat jy vir jou naaste doen eintlik maar net iets wat jy vir die Here doen. So is die twee tafels van die wet eintlik een! (Matt 22)