Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 279 of 328)

Erfsonde en die gevolge vir die mens

Skriflesing: Romeine 5
Teksvers: Rom 5:12-14
DL: Hoof 3 en 4: Punt 1-3
HK: Sondag 2-4

Die Dortse Leerreëls (DL), hoofstuk 3 en 4 handel hoofsaaklik oor drie aspekte, nl:

  • Die verdorwenheid van die mens,
  • Die bekering tot God en
  • Die wyse waarop die bekering tot God plaasvind.

In die prediking sal daar vanuit Romeine 5 na die erfsonde en die gevolge vir die mens gekyk word. Die reformatoriese kerke wat die erfsonde bely, staan teenoor mense wat:

  • Glo dat die mens van nature goed gebore is
  • en teenoor mense wat dink dat die bose wat in die mens se hart is, bloot aangeleerde slegte gedrag is.

Voordat ‘n gelowige kan smag na verlossing, is dit nodig om eers te weet hoe gebroke die mens sonder Jesus Christus is.

Laai af

Raadpleeg liewer die Here

Skriflesing: Deut 7:1-6; Josua 9; Joh 17:13-17; 18:36-38
Teksvers: Josua 9:14

Kyk na die borde op die lamppale… Nogal interessant waarmee sommige politieke partye ons stemme wil werf… Meer werk en kos en geld en fisiese veiligheid.

Nogal ‘n lastige ding, ek bedoel nou die verkiesing: Wat moet ek stem? Ons kan tog nie net aan die fisieke dinge bly dink terwyl ons hoop eintlik op ‘n baie hoër vlak geleë is nie!? Of wat praat ek alles! Stem moet jy stem.

Kom ons stem beter as wat Josua en Israel gedoen het!!

Kom ons gaan biddend na die stembus, want ons wik maar God beskik.

Laai af

Gees, siel en liggaam: Wat is die verskil?

Kom ons begin by wat die Bybel sê oor die skepping van die mens. Ons lees daarvan in Ge-nesis 2:7: “Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese (letterlik: “lewende siel”) geword het”. Hieruit kan ons die volgende afleidings maak:

Die mens is ‘n eenheidswese. Toe hy/sy gemaak is, is hulle tegelykertyd liggaam en siel gemaak. Ook uit Ps.139:13 is dit duidelik dat die mens ‘n eenheidswese van konsepsie af is.

•Die Bybel maak nie ‘n skerp skeiding tussen liggaam en siel, asof liggaam en siel twee “dele” is waaruit die mens bestaan, nie. Maar bedoel telkens die mens in geheel, as lewende wese. Net so ook praat die Bybel van “siel”. Vgl. Joh.10:11: “die goeie Herder lê sy lewe (letterlik: sy siel) af vir sy skape”.

•Al hierdie Skrifgedeeltes dui bloot aan dat dit nie voldoende (en volledig) is om te sê: ‘n mens het ‘n siel; of is ‘n siel nie. Net so ook: dat ‘n mens nie ‘n liggaam het of ‘n liggaam is nie.

•Die verste wat ons behoort te gaan is om te sê die mense lewe, en die lewe van die mens is sy lewe as liggaam en siel.

•Nog ‘n onderskeiding wat die Bybel ten opsigte van die mens maak (waarna jy vra), is “gees”. “Mag God… julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar…” (1 Tes.5:23). “Gees” wys egter ook nie op ‘n derde (ge)deel(te) van die mens nie, maar gee ‘n beskrywing van die wyse waarop die mens (as liggaam en siel) bestaan. Lees 1 Kor 2:10-12

•Hierdie eenheid (van liggaam en siel) word verbreek slegs by die dood, as gevolg van die skeiding van liggaam en siel. Die siel word onmiddellik deur God geoordeel en verkeer in die “doderyk” – vir gelowiges is dit by God in die (voorlopige) hemelse saligheid (wat die “finale” bestaanswyse van die gees van die mens is (Pred.12:7). Vir die ongelowiges is dit in die (voorlopige) helse smart (Luk.16:22-23). Met Jesus se wederkoms sal al die grafte oopgaan en die liggame opstaan en weer met die siel herenig word (Fil.3:20-21; 1 Tes.4:16-17). Hoe dit presies gaan gebeur, is die Bybel nie duidelik oor nie. Dit bly ‘n goddelike misterie, wat ek met verwagting en vreugde afwag.

Ds Charl van Rooy

Bron: http://www.gkrandburg.org.za/gesprekskamer/lysvrae/579-verdudelik-asb-of-ons-uit-liggaam-siel-en-gees-bestaan

Uitverkiesing en menslike verantwoordelikheid

Skriflesing: Matteus 22:1-14; Openbaring 3:1-6 en 19:5-9
Teksvers: Matteus 22:1-14 (14)
DL 2 art 5-7 (en 8-9)

Uit die belydenis van Dordrecht het ons laaskeer weer gehoor dat God getrou, genadig, goed, lankmoedig, barmhar-tig en regverdig is (DL 2.1-4). Dit is juis weens sy goedertie-renheid (goedheid en trou) dat Hy Christus geskenk het as eenmalige en voldoende offer vir al ons sondes!

Die vraag bly egter by ons: Maar as alles genade is, het ons as mense dan nie ook ‘n verantwoordelikheid nie? En dit is waaroor dit in DL 2.5-7en verder gaan. Die mens se taak is nie deur die genade uitgesluit nie, maar juis daarin ingesluit:

Tog kom dit baie sterk in die teksgedeelte na vore en gee ons nou reeds gedeeltelik aandag aan ons taak in heiligmaking – die aantrek van ons bruidsklere.

Laai af

Vind vreugde in jou eie en ander gelowiges se unieke en eiesoortige diens aan die Here

Skriflesing: Lukas 10:38-42 Johannes 12:1-7 (Lees ook Johannes 11)
Teksvers: Joh 12:2 en 3

Elkeen van ons het ‘n unieke en eiesoortige gawe van die Heilige Gees ontvang om die Here te dien. In hierdie gedeelte lig die Here die gawes van twee vroue uit, nl Marta en Maria, Lasarus se susters. Die een dien die Here deur te doen en die ander deur te luister.

In ons gemeente het die Here ook ‘n verskeidenheid van gawes gegee om saam die Here te kan dien en te loof. Hoeveel vreugde vind jy nog daarin om die Here te kan dien? Dit mag wees dat jy jou vreugde om die Here te kan dien, verloor het. Dit kan wees dat medegelowiges of omstandighede jou fokus en perspektief van die Here wil probeer wegtrek.

Mag jy die beste deel kies wat nooit van jou weggeneem sal word nie. Mag jy geestelike vervulling en vreugde vind in jou diens aan die Here.

Laai af

« Older posts Newer posts »