Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 255 of 328)

Die regverdiging en wraak van God “Ek is die Here! Ek maak siek en Ek maak gesond”

Skriflesing: Deut 32
Teksvers: Deut 32:39-47

Deut 32:39 “Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel (maak siek) en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.”

God is altyd regverdig. Daarom gebeur daar niks in die wêreld wat God nie van weet nie en nie toelaat nie. God is soewerein. God is in beheer van ons lewens en die heelal. Daarom hoef ons nie te vrees as die swaarkry, oorloë, rampe of wat ookal ons tref nie.

Maar God moet ook nie deur die wêreld of deur sy eie kinders getart word nie. God is nie maar ‘n “godjie” soos talle afgode met wie ons kan maak wat ons wil nie. God wil gedien en geëer en aanbid word met heilige eerbied. Daarom, wat ookal die krisis in ons lewens, ons moet na God toe gaan. By Hom is daar genade en vrede en geluk.

Laai af

Die Drie eenheid

Skriflesing: Joh 14:15-31
Teksvers: Joh 14:16,17, 25, 26
HK: Sondag 8

Ons prediking handel vanaand oor die ewige en Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Ons moet handel oor Hom wat niemand op aarde nog ooit gesien het nie en wat tog aan ons bekend is deur die Bybel. Die Almag, grootheid van die Drie-enige Verbondsgod, bly vir ons ‘n misterie en tog mag en moet ons ook hierdie saak in die geloof benader. Geloof is meer ‘n aksie van die hart as van die verstand, die liefde aanvaar waar die verstand nog nie kan begryp nie.

Ons gaan vanaand na twee sake kyk:

  • Daar is ‘n God.
  • Daar is ‘n Drie-enige God:
    • Vader,
    • Seun en
    • Heilige Gees.

Laai af

Aan watter stad bou jy?

Skriflesing: 2 Kon 2:19-22; Josua 6:26; 1 Kon 16:34; 1 Kor 15:45
Teksvers: 2 Kon 2:19-22

Ons kan nogal tevrede raak met ons omstandighede. Ek bedoel nou nie die tevredenheid met God se wil nie (Ps 131)! Ek bedoel eerder so ‘n bietjie self-tevrede. Ons het óns drome uitgewerk, ons voel nogal in beheer. Ek weet wat my planne is en hoe ek dit tot uitvoer gaan bring. Ja, ek moet net nog ‘n rukkie baie hard werk, maar dit is die moeite werd… Nogal in beheer. Mý planne en drome.

Die stad of dorp Jerigo is vandag nog ‘n mooi stad met palmbome en dadels so jy seker nêrens elders kry nie. In die woestyn geleë, maar ‘n regte palmstad. Pragtig.

Maar so was dit nie in Elisa se tyd nie, want mense het die wil van die Here nie geken of gesoek of toegepas nie. Gelukkig het die profeet die vloek weggeneem.

Laai af

REDDING SLEGS DEUR DIE GELOOF

Skriflesing: Handelinge 16; Romeine 1:16,17
Teksvers: Hand 16:31
HK: Sondag 7

In die behandeling van ons belydenis word die vraag gestel: Wat is ‘n ware geloof? Daar is dus wel iets soos ‘n valse geloof. ‘n Skyngeloof. ‘n Skynheilige geloof. ‘n Dooie geloof. Daar is selfs iets soos ‘n wonder-geloof, by mense wat net heeldag onrealisties op wonderwerke sit en wag. Mettertyd wonder ons wat van hul geloof geword het!

In Filippi begin die eerste gemeente in Europa met die geloof van Lidia en die tronkbewaarder. En daarby kom hulle en hulle hele huisgesin tot bekering en word gedoop. Ek sien in my geestesoog hoe die bewaarder luister na die Evangelie soos Paulus en Silas dit vertel, terwyl hy saggies hulle gegéselde rûe afspons en met salf insmeer… Geloof wat uit liefde tot dade oorgaan!

Laai af

« Older posts Newer posts »