Kategorie: Nuwe Testament (Page 48 of 130)
Skriflesing: Matteus 6: 13-20
Teksvers: Matteus 6:13,14
HK Sondag 7
Jesus vra die mees belangrikste vraag moontlik. Hierdie vraag is die kernpunt van die evangelie en moet deur elkeen en ook deur jou beantwoord word: “Wat dink jy van Jesus?” Nadat Jesus Homself aan gebed gewy het, wandel Hy met sy dissipels tussen die dorpies van die omgewing. Al wandelende praat Hy met sy dissipels en vra hulle dan die vraag: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Kom ons plaas die vraag van Jesus in ons tyd?
Wat is die wêreld, die man op straat se mening oor Jesus? Die filmwêreld se mense meen Hy is ‘n “superstar”. Sommige mense soos die Islam meen dat Hy ‘n groot profeet was wat ‘n mooi voorbeeld was. Ander meen Hy was ‘n Messias vir die onderdruktes. Nog ander meen dat Hy ‘n Groot Leraar van Etiese waarhede was.
Baie kom baie nader aan die waarheid, maar naby is nie goed genoeg nie. Hulle ken Jesus nog vir wie Hy werklik is nie.
(Last updated on Desember 6th, 2022)
Skriflesing: Luk 2; Miga 4
Teksvers: Luk 2:12
Skriflesing: Ex 34:29-35; 2 Kor 3:1-18; Heb 10:19-25
Teksvers: 2 Kor 3:18
Moses moes ‘n sluier oor sy gesig dra sodat die Israeliete nie kon sien dat die glans wat daaruit gestraal het al flouer geword het nie. Dit nadat Moses in God se teenwoordigheid was toe hy die tien gebooie ontvang het.
Vandag moet ons die heerlikheid van die Here weerspieël in ons lewens. Ons kan dit doen omdat die voorhangsel geskeur is met Jesus se kruisiging. Dit kan net gebeur deur die werking van die Heilige Gees. Die vraag is aan elkeen van ons, weerspieël ons die heerlikheid van die Here in ons lewens of is ons bloot wettisties om God daardeur te wil dien?
- Moses se gesig blink omdat hy met God gepraat het.
- Die voorhangsel het geskeur sodat ons direk met God praat.
- Ons moet die heerlikheid van God weerspieël.