Skrywer: admin (Page 257 of 328)
Skriflesing: Eksodus 32:1-35
Teksvers: Eksodus 32:4
HK: Sondag 5
“Kom maak vir ons gode, want ons weet nie wat van Moses geword het nie.” So liefde gemeente kom die versoek van die volk daar by Sinai. Hulle wil God as die Een hê wat voor hulle uittrek. Hulle wil God dien en eer as die Een wat hulle uit Egipte gelei het. Maar in die proses pleeg hulle sonde. Hulle begeer God as hulle Verlosser, maar hulle vereer Hom op ‘n wyse wat verskriklik is. Hulle maak van God ‘n afgod.
Waar dit gaan in ons belydenis oor die soeke na ‘n Verlosser, is dit waaroor ons as kerk ook so maklik kan struikel. Om God te verafgod. Dit klink ietwat vreemd nie waar nie, hoe kan ‘n mens van God ‘n afgod maak. Hier met die goue kalf sien ons dit egter baie duidelik, kom ons kyk na wat beteken dit vir ons vandag.
Skriflesing: 1 Petrus 1:1-12
Teksvers: I Petrus 1:6,7
Dit is nogal ‘n hele proses om die goud uit die gouderts te haal. (1 metrieke ton erts lewer net tien gram suiwer goud!)
In kort gebeur die volgende: Nadat die erts fyn gemaal is word dit met water (deesdae ook met sianied in die oplossing) gemeng om geskei te word. Met die hulp van sinkstof word die goud uit die oplossing gehaal en die residu word met verdunde swaelsuur behandel om die ander metale te verwyder.
Die ru-goud (staafgoud) word na die raffinadery gestuur waar dit in die smeltkroes van tot 1150 grade C verhit word om dit nog suiwerder te maak – die louteringsproses! In die proses dryf die metaalchloriede bo-op die goud en kan maklik afge-skep word. Elke keer wat die proses herhaal word, word die goud suiwerder, om so 9, 18, 24 karaat of selfs beter goud te verkry.
Dit is of die lewe net al hoe vinniger en vinniger raak. Om by te bly raak al hoe moeiliker, want daar is nie genoeg tyd in die dag om alles te doen wat jy moet nie. Jy voel later soos ‘n rot in ‘n hok wat in ‘n plastiese wiel hardloop, al vinniger en vinniger en dit voel of jy op pad is na nêrens. Dit kan ‘n mens soms moedeloos maak. Dit kan soms maak dat jy nadink oor die sin van die lewe, die doel van die lewe. Is dit die moeite werd?
Prediker 2:26 lees ons dat alles is ‘n gejaag na wind, AS jy nie werk in afhanklikheid van God nie. Gaan sit ‘n bietjie rustig en bedink jou lewe. Wat is die doel van jou lewe? Wat wil jy bereik? As ‘n mens geluk najaag of rykdom of eer, is jy op die verkeerde pad. As jy werklik wil lewe tot eer van God in afhanklikheid van God, dan het jy die regte doel in jou lewe.
Die prioriteite in ons lewens moet reg wees. Prioriteite gaan oor die verhoudings in ons lewe. Om tot eer van God te lewe is om God eerste te stel in jou lewe. Daar is basies drie verhou-dinge in jou lewe en dit moet in ‘n bepaalde volgorde beskou word.
- Eerstens jou verhouding met God.
- Tweedens jou verhouding met jou man/vrou/kinders/naaste.
- Derdens jou verhouding met jou werk.
As hierdie drie verhouding in plek is, dan is daar doel in jou lewe, is dit nie ‘n dolle gejaag na wind, ‘n rotteresies wat geen doel het nie.
Verbly jou in die Here en dien Hom in jou lewensbestaan, in jou verhouding met jou naaste en in jou werk. Moet nie jou werk eerste stel en daarvan ‘n afgod maak en jou man/vrou/ kinders/naaste afskeep nie. Stel God eerste en dien Hom en al die ander sake sal in plek val.
Pred 2:26
“Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. Maar die een met wie Hy nie tevrede is nie, kry die taak om op te gaar en bymekaar te maak en dit dan te gee aan een met wie God tevrede is. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is ‘n gejaag na wind.”
Ds Gerrit
Skriflesing: Job 34:10-30
Teksvers: Job 34:10b
Ons lees in 1 Kor 8:1:
1983 “Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.”
1953 “Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.”
NIV “But knowledge puffs up while love builds up.”
Dit is so belangrik om kennis te hê van onsself, ons eie sonde en ellende en hoe God daarmee handel en wat ons daaromtrent moet doen.
- Sondag 2 handel oor die OORSPRONG van ons sonde.
- Sondag 3 handel oor die OMVANG van ons sonde.
- Sondag 4 handel oor die STRAF van ons sonde.
Dit handel hier oor die Regverdige Oordeel van God oor die mens. Job het aanhou sê dat hy onskuldig is. Job wou homself teenoor God handhaaf. Hy het al daarmee begin toe hy sy geboortedag vervloek het. Daar was redenasies met God en raad van sy drie vriende, maar uiteindelik het hulle stilgebly voor God.
Ons gaan na drie sake kyk:
1 God is nie onregverdig nie.
2 God straf die sonde.
3 God is barmhartig EN regverdig.