Skriflesing: Heb 10:1-20
Teksvers: Heb 10:8-10

Sonde is elke mens op aarde se grootste probleem. Dit maak nie saak van watter denominasie of geloof of oortuiging jy is nie. Die mens is van geboorte af ’n sondaar, en deur sy eie keuse bewys hy of sy dit.

  • Ons is nie sondaars omdat ons sonde doen nie.
  • Ons doen sonde omdat ons sondaars is.

Maar vandag kan elke ware, opregte Christen tog sê: “Ek is ’n verloste sondaar!” Maar om hulle sondes te erken, moes die mense van die Ou Testament offers gebring het, diereoffers, graanoffers, brandoffers en sondeoffers. Maar Jesus Christus is die eenmalige volmaakte offer.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Die behoefte vir ’n beter offer.
  • Die voorsiening van ’n beter offer.
  • Die gevolg van ’n beter offer.

Laai af