Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Matteus (Page 9 of 17)

Die vrug van jou gedagtes

Skriflesing: Jer 6:1-30; Mat 5:17-20; Joh 14
Teksvers: Jer 6:16,19; Mat 5:20; Joh 14:6,15-17

Kruispaaie

Jou gedagtes bepaal meestal jou handelinge en jou keuses. Die vrug wat jy dra is deel van jou gedagte-wêreld. 

Daarom word jou lewe dikwels bepaal volgens wat jy glo, dink en dan doen. Want elke dag van jou lewe moet jy keuses maak. 

Daar is kruispaaie. Sommige paaie loop draaie en is nie reguit nie, ander paaie is reguit. So leer die Skrif ons ook dat daar ’n nou pad en ’n breë pad is. Die nou pad is die pad wat na die ewige lewe lei. Die breë pad lei na die verderf. 

Ware godsdiens is om jou hart te offer

Skriflesing: Matteus 15:1-20
Teksvers: Matteus 15:8

Die Gees van God werk in ons dat ons vrug kan dra. Maar ‘n boom kan nie vrug dra as dit in slegte grond staan of sonder water is nie. In hierdie gedeelte spreek ons Here Jesus die Fariseërs aan oor die wese van hulle geloof. Die oortuiging van hulle hart. 

Ons staan vanaand stil by Sondag 1 oor ons enigste troos. 

God is altyd daar, ook in tye van Eensaamheid en Nood!

Skriflesing: Matt 14:22-36
Teksvers: Mat 14:27,33

Ons kan so maklik moedeloos en eensaam en bang raak. Dit voel so maklik om ons alleen in die wêreld is. Dan raak ons maklik klein-gelowig. Dan kan ons dink maar, waar is God? Het God my nie vergeet nie? Hoekom laat God sulke dinge toe? Hy is mos almagtig! 

Ons gaan na drie punte kyk: 

  • God se daaglikse sorg. 
  • God se besondere sorg. 
  • God se spesifieke sorg. 

Die Immanuelteken – ’n Vaste en sekere Hoop!

Skriflesing: Jes 7:1-25; Matt 1:18-25; Op 21:1-8
Teksvers: Jes 7:14 Matt 1:21,23 Op 21:3

Oor twee weke is dit Kersfees. Gewoonlik word daar nou gepreek oor Jesus se geboorte. Dit is ook reg so, want dit is die tyd van die jaar waar ons terugdink aan Jesus Christus se geboorte. Maar van Jesus se geboorte word al in die Ou Testament van geprofeteer. Trouens, terwyl Adam en Eva nog in die tuin van Eden was, in Gen 3;15, is daar deur God geopenbaar van die verlossing vir sy kinders. As ons dan Jes 7:14 lees, dan blyk dit asof daar direk van Jesus se geboorte geprofeteer word. Maar ons moet die profesieë in konteks bestudeer totdat ons uiteindelik by die volle betekenis daarvan kom. 

Ons gaan vanmôre, na die volgende drie sake kyk: 

  • Die profesie van Immanuel Jes 7:14. 
  • Die vervulling van Immanuel Mat 1:21,23. 
  • Die ewige betekenis van Immanuel Open 21:3. 
« Older posts Newer posts »