Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Matteus (Page 16 of 17)

Jesus beloon sy toegewyde diensknegte met sy wederkoms

Skriflesing: Matteus 25:14-30
Teksvers: Matteus 25:14-30

… “Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal
oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die
bietjie wat hy het, weggevat word.”
Mat 25:29

Hoofpunte:

Wat elke dienskneg ontvang het.
Wat elke dienskneg daarmee gemaak het.
Die resultaat van die diensknegte se toewyding.

Laai af

Skeur liewer julle harte!

Skriflesing: Markus 14:43-65 Joël 2:12,13,14; Heb 9:1-15
Teksvers: Markus 14:63, (Mt 26:65)

Laat ek Hom aan julle voorstel: Jesus Christus, jou Verlosser en Here. Ook genoem die Lydende Kneg van die Here, die Man van Smarte. En kyk wat het Hy nie alles verdra en verduur nie! So baie wil nie met so ‘n tragiese figuur geïdentifiseer word nie. Soos Kajafas! Hy verag vir Jesus. Hy skeur sy klere! In die proses mis Hy nie alleen so baie nie, maar maak Hy die smarte van die Man voor hom ook net groter.
Is jou en my geloof nie ook soms net ‘n klugspel soos wat hier voor ons afspeel nie. Dit is tyd dat ons ons harte laat aanraak. Jesus het dit ook vir my en jou gedoen!

Laai af

Baie sal…!

Skriflesing: Matteus 8:1-17
Teksvers: Matteus 8:11

Dit is nogal ‘n groot voorreg om in verre lande rond te reis. Na die toer in Europa op die spore van die Reformatore het mens net weer onder die indruk gekom dat ons nie so alleen in die wêreld is nie. Daar is baie ander mense. Mense wat heel an-ders is. Mense wat anders dink en doen. Baie mense. Miljoene. Biljoene.
En tog kan jy soms so alleen voel. Dink dat jy alléén glo. Totdat jy skielik besef dat daar voor jou baie ander was wat geglo het. En ook baie op allerlei ander plekke is daar mense wat net soos jy/ons glo en geglo het!
Ek glo waarlik aan die heilige algemene Christelike kerk! Ek glo aan die gemeenskap (koinonia) van die heiliges!

Laai af

Gaan dan heen, maak dissipels…

Skriflesing: Matteus 28 en Hand 1:8; I Pet 3:15
Teksvers: Matteus 28:18-20

Dit sal onvanpas wees as ons in die week van hemelvaart nie weer aandag skenk aan die Groot Opdrag van ons Here nie. Wie die groot liefde van God leer ken het en die opdrag van God verstaan, moet ook luister na die Groot Opdrag van Here en Verlosser, Jesus Christus: ”Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels…”.
Hierdie opdrag word eerstens aan die twaalf apostels gegee en is die grondslag van die stigting van die Christelike kerk. Hande-linge vertel dan ook in meer besonderhede hoe hulle uitvoering gegee het aan hulle sendingsopdrag. As lidmate van hierdie kerk staan die opdrag steeds vir ons. Die evangelie van Christus moet uitgedra en verkondig word – deur die geroepe dienskneg-te as bedienaars van die Woord, maar ook deur elke lidmaat afsonderlik. Hierdie taak begin by jou eie huis en kring uit na almal (alle nasies) wat die Here op jou pad bring.

Laai af

Hoekom vergelyk God ons met sout en lig?

Skriflesing: Mat 5:13-16; Mark 9:50; Luk 14:34,35
Teksvers: Mat 5:13-14a

Daar is verskeie Afrikaanse idiome oor sout en lig.

  • Is jy jou sout werd?
  • Het jy jou sout verdien?
  • Ek neem dit met ’n knippie sout!
  • Om ’n sak sout saam op te eet!
  • Daar brand ’n lig in die wapad!
  • Elke donker wolk het ’n silwer randjie!
  • Groot lantern, weinig lig!

En tog staan daar in ons teksvers:

  • “Julle is die sout vir die aarde.”
  • “Julle is die lig vir die wêreld.”

Laai af

« Older posts Newer posts »