Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Matteus (Page 13 of 17)

Christus beveel ons om aan sy dood en opstanding te dink

Skriflesing: Matteus 26:17-30
Teksvers: Matteus 26:26-28
HK: Sondag 28

Die sakramente behoort aan God en nie aan die kerk nie. Daarom bely ons ook dat een van die merktekens van die ware kerk die gebruik van die sakramente is soos Christus dit ingestel het… en nie soos die kerk se behoefte is nie.

Net soos die doop het Christus self die nagmaal ingestel. Ons word beveel om die nagmaal te eet. En deur die nagmaal gedenk ons die dood van ons Here totdat Hy weer kom.

Ons staan vanaand stil by die belydenis en die betekenis van die nagmaal as gedenkmaaltyd van Christus se dood en opstanding.

Laai af

Die doop moet nie oorskat of onderskat word nie

Skriflesing: Mat 28:1-20
Teksvers: Mat 28:16-20
HK: Sondag 27

Mat 28:16-20, word dikwels genoem die “Groot Opdrag”. Dit is egter nie heeltemal waar nie, omdat elke opdrag en elke vers in die Bybel ewe belangrik is. Nogtans is dit ’n opdrag wat aan ons gegee word en wat ons baie ernstig ter harte moet neem. So ons moet verstaan wat dit beteken, waar dit vandaan kom en wat dit vandag van ons vra.

  • Jesus praat met gesag. v18
  • Jesus vra ’n aktiwiteit van ons. v19-20a
  • Jesus is altyd by ons. v20b

Laai af

« Older posts Newer posts »