Skrywer: admin (Page 46 of 345)
Skriflesing: Johannes 21:15-25 (2020)
Teksvers: Johannes 21:15-17
Hoofpunte:
1. Selfverloëning.
2. Diens.
3. Liefde.
“Hy vra hom die derde keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief? “Petrus het bedroef geword omdat Hy hom die derde keer gevra het, “Het jy My lief?” en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U lief het.” Jesus sê vir hom: “Laat my skape wei.””
Joh 21:17
Skriflesing: Nehemia 2:1-20 (2020)
Teksvers: Nehemia 2:4
Die Jubeljaar is ook ‘n hersteljaar. Dit gee geleentheid om dinge reg te maak wat deur die verloop van tyd verkeerd gegaan het. Maar herstel kom nie vanself nie.
Baie keer is herstelwerk baie meer veeleisend en baie meer moeite as om dinge maar net te los soos dit is. Om dinge egter net te los, bring nie verbetering nie. So het Nehemia verneem dat al die ballinge wat teruggekeer het na Jerusalem, selfs nadat die tempel herstel is, nog nie die muur herstel het nie.
Nehemia se ontsteltenis is op sy gesig te sien, en in sy houding. Dan vra die koning vir hom ‘n geweldige vraag, en ‘n vraag wat ek en jy self moet beantwoord oor die dinge wat ons graag wil regstel in die lewe: Wat wil jy hê moet gebeur?
“Julle wat hier sit in die kerk, het my amper dood gemaak.” Dit is harde woorde van ‘n gerehabiliteerde straatbedelaar by ‘n kerkbyeenkoms waar hy sy getuienis gelewer het.
Ja, hy het ook ‘n verantwoordelikheid, maar elkeen wat sonder verantwoording geld in sy hand gestop het, was deel van sy probleem.
Barmhartigheid beteken betrokkenheid by die probleem totdat dit opgelos is. Barmhartigheid veroorsaak nie afhanklikheid van mense nie. Ons kan slegs afhanklik wees van God! Die Barmhartige Samaritaan (Lukus 10) het nie net die arme jong man ‘n paar munte in die hand gestop en gehoop hy help homself nie? Hy het werklik deel geword van die probleem tot by oplossing.
Daar is ongeveer 8000 straatbedelaars in Pretoria en Centurion omgewing, 99,9% van hulle het een of ander afhanklikheid – dwelms en/of drank. Hulle bedel/verdien daagliks ‘n gemiddeld van R300 tot R900 kontant. Soms met die mees hartroerende stories.
Daar is meer as 42 kosbedieningspunte in die area en ook verskeie organisasies wat help met straatbedelaars. Die geld wat hulle so bedel word primêr vir die koop van dwelms gebruik – kos kry hulle in elk geval. Selfs die kos, doeke en babamelk wat hulle bedel word verkoop. Hierdie is in baie gevalle die mense wat dwelms aan ons kinders verkoop.
Die gevaar bestaan dat jy nie deel is van die oplossing van die probleem nie maar van die oorsprong daarvan, deur die selfsugtige en onverantwoordelike uitdeel van geld en goed aan die mense wat uiteindelik gaan oor die gewer se “goedvoel” omdat hy/sy “gehelp” het.
Help eerder die wat reeds help en weet wat om dit te doen, of vra eerder hoe om te help.
Hippocrates het gesê: “maak ‘n gewoonte van twee goed, om te help, of om ten minste nie skade te doen nie.”
Oudl Anton Smith
Skriflesing: Lukas 16:1-9 (2020)
Teksvers: Lukas 16:8b
Die antwoorde wat jy in hierdie lewe gee, is veelseggend.
Die bestuurder in Jesus se gelykenis worstel met die een vraag: “Wat moet ek nou doen?” Die antwoord wat hy gee, is veelseggend. Teenoor die antwoorde wat die mense van hierdie wêreld gee, stel Jesus die antwoorde van die “mense van die lig.”
Wie deur die Lig verlig is, behoort:
• die krisisse in hulle lewe gouer en beter te herken en te erken
• nie deur krisisse verlam te word nie
• nie in selfsug tydelike vriende te soek nie, maar in liefde “ewige” vriende.