Hierdie is ‘n riglyn vir en stappe vir Bybelstudie wat ook gebruik kan word om ‘n gebed te vorm. Die geheim is om konsekwent deur die Bybel te werk om die hele boodskap van ‘n boek te kry. Daar is ook baie hulpbronne beskikbaar bv die webwerf van Ligonier Ministries (met ‘n gereformeerde grondslag in die VSA) wat kan help. Hiermee die stappe:
- Werk sistematies deur die Bybel. Begin bv met die boek van Johannes en werk dit deur. Kry ‘n skryfboek en skryf gedagtes neer. Dit is nie ‘n teologiese tese nie maar bloot om gedagtes te orden en te oordink eerder as om die Bybel soos ‘n koerantberig te lees, toe te maak en grootliks te vergeet.
- Hou die gedeelte hanteerbaar. Die Bybel is opgedeel in gedagte eenhede en doen een op ‘n slag vir Bybelstudie.
- Bid altyd voor Bybelstudie en vra vir die leiding van die Heilige Gees
- Lees die stuk ‘n paar keer aandagtig deur en beantwoord dan die volgende vrae:
- a. Wat het ek van God geleer?
- b. Wat verwag God van my en waarom?
- c. Watter beloftes gee God in die stuk?
- d. Wat is die toepassing op my lewe?
- Vir gebed, gebruik punt (a) se notas om die Here te loof, punt (c) om die Here te dank en punte (b) en (d) om die Here doelgerig te vra om dit tot uitvoering te bring.
- Bv gedagtes oor Joh 1:1 ter illustrasie van punt (a):
i. Die Woord bestaan van altyd (dus ‘n Persoon, wie? – sien later)
ii. Hy is sonder begin, sonder einde.
iii. Die Woord is self God, dus nie ‘n gewone mens of engel nie.
iv. Waarom “Woord” eerder as ‘n naam? Aksie: hou in jou agterkop en soek die antwoord.
Seën op hierdie reis deur die Woord van God!
Oudl Marlou vd Berg