Skriflesing: Lukas 24:1-35 (2020)
Teksvers: Lukas 24:14
1. Sonder verwagting ná daardie Sondagmôre!
Die Here se oorwinning is reeds bekend. Tog loop twee van sy volgelinge in moedeloosheid en gedagtes wissel.
2. Gelei tot verwagting daardie Sondagmiddag.
Jesus soek sy moedelose volgelinge op. Hy begin saam met hulle stap. Sonder dat hulle weet Wie Hy is, begin Hy hulle op ‘n baie persoonlike en liefdevolle manier in hulle denke begelei.
3. Verwagting verkondig daardie Sondagaand.
Toe die volgelinge se oë geopen is, gaan hulle terug na Jerusalem. Hulle wat “weet” die Here het regtig opgestaan, moet daardie wonderlike wete met ander deel.