Skriflesing: Jes 42:1-9; Mat 12:9-21; Gen 17:7,9; Jer 31:31-34; Heb 8:6-13
Teksvers: Jes 42:6-9; Mat 12:20; Jer 31:33; Heb 8:10
God het met Israel ‘n verbond gesluit dat Hy sal hulle God wees. Dit noem ons die “monopleuriese” deel van die verbond, die opstelling van die verbond het van God af uitgegaan. Die tweede deel van die verbond is die “duopleuriese” deel, waar die volk uit dankbaarheid vir God ‘n volk moet wees, gehoorsaam aan God. Ons lees in Heb 8:10
“Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.”
Hoe moet ons as “verbonds-gelowiges” die verbond verstaan en daarvolgens leef?
- God sluit ‘n Verbond
- God is getrou aan sy Verbond
- God vra getrouheid aan sy Verbond