Skriflesing: Psalm 22 en 77; Jesaja 49; Rom 8:18-25
Teksvers: Jesaja 49:14-16
Mens kry die idee dat God jou vergeet het veral as dinge in jou alledaagse lewe sleg gaan. As ek na ander worstelaars luister, soos byvoorbeeld Asaf in Psalms 73 en 77, dan is dit selfs nie so ‘n vreemde idee nie.
En tog kom Asaf by ‘n beter konklusie uit as sy aanvanklike idees. Emosie neem soms die rede so weg dat jy nie lekker gedink kry nie… en dan kom ons twyfelmoedige gees en vertel ons selfs dat ons dalk vergeet kan word. Ons voel so alleen. Is dit soos ons voel of moet ons dalk ons gevoelens onderwerp aan die woord en o-penbaring van God?