Skriflesing: Psalm 20; Op 19:11-16; Deut 17 en 20 
Teksvers: Psalms 20:8

Gewoonlik kyk mense maar bietjie neer op ‘n donkie. Selfs spreekwoordelik is die donkie maar lui en steeks. Gee my veel liewer die krag van ‘n perd en sy ruiter en ek sal beter doen, verder vorder meer oorwin.
Dit is alles menslike gedagtes. God het nie iets of iemand nodig om sy plan uit te voer of oorwinnings te behaal nie. Juis omdat ons nie kan nie, doen Hy dit self. Selfs in die alledaagse gewone dinge kan ons maar net op die Here vertrou en op dié manier totaal anders wees as die mense van die wêreld onder wie ons lewe en oorlewe!