Skriflesing: 2 Tim 2:1-13
Teksvers: 2 Tim 2:13; Psalm 33:4,5
Ons sterkte lê nie in ons eie krag, of óns groot geloof nie. Ons sterkte lê in Jesus Christus Dit gaan oor die onverdiende genade wat God aan ons gee deur Jesus Christus. Daarom moet ons in harmonie met ons medegelowiges saamleef. Ons het die wonderlike belofte van genade. God se genade aan ons is onverdiend aan ons gegee. Hierdie wonderlike genade dien tot ‘n ontsettende groot troos vir elke Christen. Dit klink asof hierdie laaste drie verse voorwaardelik is vir redding. Nee, die teendeel is juis waar, vanweë ons geloof uit genade is ons bevoorreg om te weet dat God is altyd getrou. Ons gaan na drie sake kyk:
- Ons lewe deur Jesus Christus.
- Ons regeer deur Jesus Christus.
- Ons leef vanweë Jesus Christus se getrouheid.